'n Vrywillige, informele groep wat maandeliks vergader om die uitruil van kennis en vaardighede oor navorsing van voorsate aan te moedig. We speak English and Afrikaans. Lidmaatskap is gratis.
Byeenkomste
23 Julie 2015
HAAIAANVAL IN JEFFREYSBAAI MAAK OPSLAE
Die eerste haaiaanval tydens 'n beroepsbranderry-kompetisie het hier in Jeffreysbaai plaasgevind tydens die eindrondte van die Jeffreysbaai Ope maar gelukkig het die Australiër, Mick Fanning, ongedeerd daarvan afgekom.
04 Julie 2015
GENEALOGIE EN MUSEUMDAG 2015
Op Saterdag 16 Mei 2015 is die jaarlikse Genealogie en Museumdag by die Fountains Mall gehou - 'n samewerking tussen eGGSA en Humansdorp Museum.Die doelstelling van die dag is om bewusmaking by die algemene publiek te bevorder vir genealogie asook vir die Humansdorp Museum om sodoende nie net familiegeskiedenis vir die nageslag te bewaar nie maar ook belagstelling te kweek vir die bewaring van oudhede vir die nageslag.
Die uitstalling van eGGSA (virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika) is gedoen deur Carol en Ludwic Beneke en hierdie jaar ook bygestaan deur hul dogter Michelle terwyl die Museum deur Carel Ferreira verteenwoordig is.
05 Junie 2015
KOLLIG OP:
24 Mei 2015
THE STRANGERS IN THE BOX
In this box I've often seen
At the pictures, black and white
Faces proud, still and serene.
I wish I knew the people
These strangers in the box
Their names and all their memories
Are lost among the socks.
I wonder what their lives were like,
How did they spend their days?
What about their special times?
I'll never know their ways.
If only someone would have taken time,
To tell who, what, and when,
Those faces of my heritage
Would come to life again.
Could this become the fate
Of the pictures we take today?
The faces and the memories
Someday to be tossed away.
Make time to save your pictures
Seize the opportunity when it knocks
Or someday you and yours could be
The strangers in the box.
(Author: Pam Harazim)
21 Mei 2015
Jeffreys Bay - Kwela Finalist Town of the Year 2015
YES FOR JBAY!
The people of Jeffreys Bay voted with their thumbs in the past week when the Our Times ran a survey on Facebook to test the response of readers.
The results are as follows; The YES won by 51 votes to 19. This represents 63% of respondents in favour of Jeffreys Bay being included in the Kwêla town of the year 2015. Interestingly - despite the small number of voters the survey generated over 500 comments as late as Sunday the 18th 23h00 cut-off time.
The people of Jeffreys Bay voted with their thumbs in the past week when the Our Times ran a survey on Facebook to test the response of readers.
The results are as follows; The YES won by 51 votes to 19. This represents 63% of respondents in favour of Jeffreys Bay being included in the Kwêla town of the year 2015. Interestingly - despite the small number of voters the survey generated over 500 comments as late as Sunday the 18th 23h00 cut-off time.
15 Mei 2015
HENDRIK SPOORBEK SE LEGENDE ( En die opspoor van sy graf....)
| Churchill-dam in droogte tye |
Hendrik Spoorbek is gebore in Dortmund, Duitsland, as Heinrich Schörbeck, en het ongeveer in 1811 na die Kaap gekom as matroos of soldaat, maar het later gedros. Sy ambag was klip-dresseerder. In 1815 vind ons hom in Humansdorp distrik, want toe is die plasie aan die Kromrivier waar die bolope van die Churchill-dam is, aan hom toegeken. In ‘n droogte-tyd, wanneer die dam minder as 34% water het, is die grond weer oop, en kan mens daar gaan rondloop.
07 Mei 2015
KEN ONS WERKLIK DIE MENSE NA AAN ONS?
Wanneer ’n mens lank genealogiese navorsing doen, weet jy dat jy soms op inligting gaan afkom wat dalk nie vir ’n familie aangenaam en aanvaarbaar gaan wees nie. Min navorsers het dan die vrymoedigheid om daaroor te skryf en dit word dus maar liewer uit ons navorsing weggelaat. Die werklik dapper genealoog mag moontlik besluit om die soort familieinligting waarna in hierdie artikel verwys gaan word in ’n notaveld in te skryf om dit sodoende darem nie heeltemal te ignoreer nie.
15 April 2015
ENGELSE FORTE, LONGMORE PLANTASIE, NABY THORNHILL, OOS-KAAP
Tydens die Tweede Vryheids-oorlog tussen die Boere-Republieke en die Engelse 1899 – 1902, is daar aan Boerekant besluit dat Kaapland binnegeval moet word, o.a. om druk op die Vrystaat en Transvaal te verminder, en om steun onder die Kaaplandse Afrikaners te werf.
04 April 2015
20 Maart 2015
INVISIBLE WOMEN / ONSIGBARE VROUE
Voor die twintigste eeu was dit hoofsaaklik mans wat eiendom kon besit, regsdokumente kon onderteken en stemreg gehad het. Mans was die geskiedenisskrywers, belastingbetalers, het geveg in oorloë en testamente nagelaat.
Die man se van is oorgedra van een geslag na die volgende geslag en die gevolg was dat vroue "onsigbaar" geraak het en hulle lewens so ineengevleg met hul huweliksmaats dat baie vroulike voorsate slegs gelys word met hulle voorname en geskatte datums van geboorte en afsterwe.
Die man se van is oorgedra van een geslag na die volgende geslag en die gevolg was dat vroue "onsigbaar" geraak het en hulle lewens so ineengevleg met hul huweliksmaats dat baie vroulike voorsate slegs gelys word met hulle voorname en geskatte datums van geboorte en afsterwe.
Teken in op:
Plasings (Atom)

