30 Julie 2014

DIE VERHAAL VAN SAL SE "TANTE JU"

‘N TWEEDE ASEM VIR ‘N OUE DAME. DIE VERHAAL VAN SAL SE “TANTE JU”

Geskryf deur Johann Prozesky.

Op 1 Februarie 2014 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (of SAA soos dit deesdae genoem word) 80 jaar oud geword. In die geselskap van o.a. KLM (1920) en Finnair (1923), is dit een van die oudste lugrederye in die wêreld wat van meet af dieselfde naam dra.