Webjoernaal

Genealogie is 'n gewilde stokperdjie wat oor die hele wêreld beoefen word, sonder 'n webjoernaal is die Geselsgroep in Jeffreysbaai op 'n spreekwoordelike eiland sonder interaksie met mense van regoor die land maar ook die wêreld.



Hierdie webjoernaal se hoofdoel is die bevordering van genealogie maar ook om te dien as 'n spreekbuis vir 'n groep uiteenlopende, interessante en kundige lede, asook belangstellendes. Omdat genealogiese webjoernale ook gereeld deur mense van elders besoek word kan nuus oor die dorp, sy mense en omgewing op so 'n manier bekend gestel word.