23 Julie 2015

HAAIAANVAL IN JEFFREYSBAAI MAAK OPSLAE


Die eerste haaiaanval tydens 'n beroepsbranderry-kompetisie het hier in Jeffreysbaai plaasgevind tydens die eindrondte van die Jeffreysbaai Ope maar gelukkig het die AustraliĆ«r, Mick Fanning, ongedeerd daarvan afgekom.

04 Julie 2015

GENEALOGIE EN MUSEUMDAG 2015


Op Saterdag 16 Mei 2015 is die jaarlikse Genealogie en Museumdag by die Fountains Mall gehou - 'n samewerking tussen eGGSA en Humansdorp Museum.


Die doelstelling van die dag is om bewusmaking by die algemene publiek te bevorder vir genealogie asook vir die Humansdorp Museum om sodoende nie net familiegeskiedenis vir die nageslag te bewaar nie maar ook belagstelling te kweek vir die bewaring van oudhede vir die nageslag.


Die uitstalling van eGGSA (virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika) is gedoen deur Carol en Ludwic Beneke en hierdie jaar ook bygestaan deur hul dogter Michelle terwyl die Museum deur Carel Ferreira verteenwoordig is.