22 Januarie 2015

KOLLIG OP:

Kollig op:  




"The Rooties of Rietfontein"
The Ancestors and Decendants of Stefanus Jacobs "Boy" Rootman"


Van nou af skyn die "Kollig" elke kwartaal op 'n boek of artikel wat deur een van die lede van die geselsgroep uitgegee is en hierdie is die heel eerste boek in die kollig.

07 Januarie 2015

AFSKEIDSFUNKSIE

'n Gesellige afsluitingsfunksie is gedurende November by De Viswijf Seefront Restaurant gehou vir 
lede van die geselsgroep. 'n Feestelike atmosfeer is geskep deur versiering van die lokaal en tafels deur Trudie en Tinus Marais.


Jan de Bruyn, Isabel Potgieter, Godfried Potgieter, Meeding Ferreira, Barendine Ferreira, Alice de Bruyn.

06 Januarie 2015

HERINNERINGE EN BELEWENISSE

In die kusdorpie waar ek woon het ons ‘n groepie wat maandeliks vergader om rondom genealogie te gesels. Nou is daar nie veel i.v.m. genealogie as sodanig waaroor gedagtes uitgeruil kan word nie en ‘n mens raak in elk geval gou verveeld om na ander se stories oor hulle herkoms te luister. Gevolglik word daar meesal gepraat oor aanverwante onderwerpe, historiese interessanthede en veral oor die ou dae.