20 Maart 2015

INVISIBLE WOMEN / ONSIGBARE VROUE

Voor die twintigste eeu was dit hoofsaaklik mans wat eiendom kon besit, regsdokumente kon onderteken en stemreg gehad het. Mans was die geskiedenisskrywers, belastingbetalers, het geveg in oorloë en testamente nagelaat.

Die man se van is oorgedra van een geslag na die volgende geslag en die gevolg was dat vroue "onsigbaar" geraak het en hulle lewens so ineengevleg met hul huweliksmaats dat baie vroulike voorsate slegs gelys word met hulle voorname en geskatte datums van geboorte en afsterwe.

12 Maart 2015

THE QUEST FOR "JOHN" CRONJÉ OF STANDVASTIGHEID


Charlie Els is deur die Genealogiese Genootskap van SA aangewys as die outeur van die beste artikel in Familia 2014.

Rentia Landman skryf : "Sy artikel “The Quest for ‘John’ Cronje of Standvastigheid” is ‘n ongelooflike speurverhaal wat hy stuk vir stuk ontrafel en telkens sy vermoede met bronne bevestig. Dit is vir elke genealoog ‘n “moet lees”.  Veels geluk Charlie".


vlnr Ken Cronjé, Prof. Michael Jewett, Tokkie Pretorius (Direkteur Oorlogsmuseum, Bloemfontein) Vicky Heunis en Charlie Els
 

 

__._,_.___
Charlie was vriendelik genoeg om toestemming te verleen dat die artikel op ons wejoernaal geplaas kan word. Hier volg eerste 'n opsomming van wat aanleiding gegee het tot die skryf daarvan en daarna volg die volledige artikel:

06 Maart 2015

GENEALOGIESE SIMBOLE EN MS-WORD

Die meeste karakters, simbole en afkortings wat hier gebruik word is in ooreenstemming met die goedgekeurde standaarde vir genealogie deur die Genealogiese Genootskap van Suid–Afrika en die goedgekeurde simbole word dan ook algemeen in Suid-Afika gebruik. Die karakters in rooi is nie op GGSA se lys nie (aangepas 11/06/2016)

05 Maart 2015

GOOGLE TIP - SOEKE

Soms is dit moeilik om die regte inligting te kry wanneer 'n soek op Google gedoen word want wanneer bv na Jan Alleman gesoek word wys Google al die plekke waar Jan en Alleman verskyn.

DIE GROOT TREK EN AFRIKAANSE GESEGDES

Hoekom het hulle getrek ?

Sien Piet Retief se manifes gepubliseer in die Grahamstad koerant.