05 Maart 2015

GOOGLE TIP - SOEKE

Soms is dit moeilik om die regte inligting te kry wanneer 'n soek op Google gedoen word want wanneer bv na Jan Alleman gesoek word wys Google al die plekke waar Jan en Alleman verskyn.


Verskeie kombinasie kan opgelewer word soos bv. Jan Gouws getroud met Griet Alleman of Jan Swart en Koos Alleman, ens. Orals waar Jan en Alleman saam verskyn in teks sal dit gelys word.

Om hierdie amper eindelose lys te verhoed word Jan Alleman in aanhalingstekens geplaas tydens die soek: "jan alleman" en dan sal slegs die teks gelys word waarin die naam en van saam verskyn.