20 Maart 2015

INVISIBLE WOMEN / ONSIGBARE VROUE

Voor die twintigste eeu was dit hoofsaaklik mans wat eiendom kon besit, regsdokumente kon onderteken en stemreg gehad het. Mans was die geskiedenisskrywers, belastingbetalers, het geveg in oorloë en testamente nagelaat.

Die man se van is oorgedra van een geslag na die volgende geslag en die gevolg was dat vroue "onsigbaar" geraak het en hulle lewens so ineengevleg met hul huweliksmaats dat baie vroulike voorsate slegs gelys word met hulle voorname en geskatte datums van geboorte en afsterwe.

Hierdie miskenning van die vroulike voorsate, hoewel verstaanbaar gesien in die konteks van die tyd, is steeds onverskoonbaar aangesien die helfde van die voorsate wel vroue was. Dit beteken dus dat omtrent elke vroulike voorsaat 'n nuwe van tot die totale familiegeskiedenis kan byvoeg en navorsings moontlikhede daardeur uitgebrei word.

Vroue het geboorte geskenk aan elke nuwe geslag, familietradisies en gebruike oorgedra en natuurlik die huishoudings waargeneem. Hulle was onderwyseresse, verpleegsters, moeders, eggenotes, buurvroue en vriendinne en as sulks verdien dat hulle stories ook vertel moet word - verdien om meer te wees as net 'n naam langs 'n man op 'n stamboom..
(Foto: Lynette Swanepoel)

"Remember the Ladies, and be more generous and favourable to them than your ancestors."
- Abigail Adams, march 1776.

Hoe kan 'n genealoog hierdie "onsigbare" vroue opspoor? Die soeke na die vroulike voorsate kan bietjie moelik en veral frustrerend raak maar ook baie bevredigend. Deur 'n paar basiese navorsingsmetodes te volg , baie geduld aan die dag te lê en ook innoverend te dink, sal kennis opgedoen kan word van hierdie vroue wie se gene ook van geslag tot geslag oorgedra is. Die goue reel is om nie tou op te gooi nie, onthou indien die voorsate nie deurgedruk het nie, was jy nie vandag hier nie.

Waar om die nooiensvanne te vind?
  • Huweliksrekords bv. troulisensies, huwelikssertifikate, huweliksaankondigings, ens.
(Die eggenoot se van is nodig, plek waar huwelik plaasgevind het asook geraamde datum)
  • Sensusrekords

  • Rekords oor grondbesit
Grond is baie oorgedra van pa na dogter en/ook haar eggenoot. Kyk uit na die Latynse terme "et ux" (and wife) and "et al" (and others). Hierdie rekords kan inligting bevat oor name van dogters, kinders en selfs kleinkinders. Kyk ook uit vir enige grondtransaksies teen verspotte lae bedrae wat 'n aanduiding van 'n familieoordrag kan wees.

  • Kerkrekords
Vir geboorte- en doopinligting asook trourekords wat die nooiensvan sal bevat.

  • Testamente
Name van die kinders sowel as die vanne van getrouse dogters word heel dikwels hierop gelys'

  • Koerante
Plaaslike koerante bevat dikwels huweliksaankondigings en sterfkennisgewings.

  • Sterfkennisgewings
Op hierdie dokuments sal die nooiensvan gewoonlik ook aangedui wees.

  • Grafstene

  • Naamgee Patrone
Hoewel slegs 'n moontlike leidraad kan die nooiensvan van die moeder soms as 'n naam aan een van die seuns gegee word. Kyk vir ongewone middelname vir beide dogters en seuns.

Hierdie berig is gebaseer op 'n artikel deur Kimberley Powell. Lees die volledige berig deur die onderstaande skakel te volg:
http://genealogy.about.com/od/women/a/female_ancestor.htm?utm_campaign=list_genealogy
 en wenk gegee deur Stief Rootman.