06 Maart 2015

GENEALOGIESE SIMBOLE EN MS-WORD

Die meeste karakters, simbole en afkortings wat hier gebruik word is in ooreenstemming met die goedgekeurde standaarde vir genealogie deur die Genealogiese Genootskap van Suid–Afrika en die goedgekeurde simbole word dan ook algemeen in Suid-Afika gebruik. Die karakters in rooi is nie op GGSA se lys nie (aangepas 11/06/2016)


(Sien onderaan metodes wat gevolg kan word vir die meer onbekende simbole asook die gebruik van Alt + sekere nommers om ‘n spesifieke simbool te kry)

Simbool met Verklaring:
Afkorting:
*       geboorte (plek en datum)    (Sleutel = Shift + 8)
≈       doop (baptism) (plek en datum) (of =)
»       doop (christening) (plek en datum)
ñ       noemnaam (bynaam)
ç       aangeneem (ouers, plek en datum)
b       beroep (beskrywing, plek en datum)
d       siekte of genetiese afwyking (beskrywing, plek en datum)
†       dood (plek en datum)     (Sleutel = Alt 0134)
Ω      begrawe (plek en datum)
w      verassing (plek en datum)
x       getroud, eerste huwelik (plek, datum en persoon)
xx     getroud, tweede huwelik (plek, datum en person)
xxx   getroud, derde huwelik (plek, datum en persoon) ens.
÷       geskei (plek en datum)    (Sleutel = Alt 0247)
±       ongeveer by datum  (Sleutel = Alt 241)
<       voor die datum
>       na die datum
?       geskatte datum

Sommige karakters kan bloot net ingesleutel word (bv. * en x) terwyl ander deur die gebruik van ALT ingesleutel kon word (sien die sleuel vir die simbole in kleur aangedui. Ander karakters kan egter slegs deur die gebruik van die “Insert Symbol” funksionaliteit ingevoeg word.

Hier volg ‘n proses om die opstel van die “Ω” en “≈” karakters so bietjie makliker te maak:

In ‘n MS-Word dokument kies die Insert menu opsie en volg die volgende instruksies –
Kies Symbol....; kies (normal text); onder Subset kies Letterlike Symbols; kies Ω; kies Shortcut Key; hou die sleutels Ctrl+Shift+z gelyktydig in; kies Assign en druk Close.
Enige keer wanneer die simbool benodig word druk net Ctrl+Shift+z = Ω.

Volg die volgende proses om die ≈ karakter op te stel.

Insert ; Symbol (normal text); Subset; Letterlike Symbols; ≈; Shortcut Key; hou die sleutels Ctrl+Shift+~ gelyktydig in; kies Assign en druk Close.
Enige keer wanneer die simbool benodig word druk net Ctrl+Shift+~ = ≈.

Met erkenning aan Otto Diederichs.