14 Mei 2022

 


Op Saterdag 21 Mei 2022 word ‘n uitstalling (voor Clicks) in die Fountains Mall gehou om Internasionale Museumdag te vier.

Hierdie jaar word daar gekyk na die verlede deur middel van familienavorsing – genealogie. Kom vind meer uit oor hoe en waar om te begin met hierdie gewilde stokperdjie. Die Humansdorpmuseum beskik oor ‘n magdom bronne asook kundige navorsers wat groentjies sowel as meer ervare persone kan help om daardie spreekwoordelike “brickwall” te oorkom.

“Our family history goes beyond the names and dates we find in our tree. It’s about what makes us who we are. It’s about people with whom we can form deep connections. It’s about people who lived and breathed and suffered and triumphed. It’s about roots and branches and leaves and entire forests. It’s about all of us.”  

(Unknown)