22 Januarie 2015

KOLLIG OP:

Kollig op:  




"The Rooties of Rietfontein"
The Ancestors and Decendants of Stefanus Jacobs "Boy" Rootman"


Van nou af skyn die "Kollig" elke kwartaal op 'n boek of artikel wat deur een van die lede van die geselsgroep uitgegee is en hierdie is die heel eerste boek in die kollig.


Die skrywer Stefanus (Stief Rootman)
Foto geneem op 19/01/2015
Die boek handel oor een vertakking van die Rootmans en is in twee dele verdeel met die eerste gedeelte wat bestaan uit 'n aantal kort stories oor die familie en die tweede handel oor die stamboom met foto's van omtrent elke persoon.

Die stamvader Lourens Johannes Roodman het geboer op 'n plaas sowat 288 kilometre (180 myl) vanaf Kaapstad en is vandag, ongeveer vyf geslagte later, bekend as 'n "world heritage site" . Die Blombosgrot is geleĆ« op die plaas en daar word gereken dat mense so lank as  70,000 jaar gelede reeds daar gewoon het.

Die boek is geskryf in Engels en die rede daarvoor is omdat Stief die Legacy genealogieprogram gebruik het om die besonderhede te boekstaaf voordat dit ook beskikbaar geword het in Afrikaans.

'n Besondere roerende stukkie handel oor hoe Stief se oorlede vrou nuus hanteer dat sy terminaal siek is aan kanker en hier volg 'n vrye vertaling van haar lewensbeskouing : "kom ons wees eerder dankbaar vir die jare van saamwees wat ons gegun is as om te treur dat dit tot 'n einde kom..."

Die boek bevat brokkies oor Springbokke, geheime dokumente en selfs a "Royal". Die skrywer was self  "Springbok Captain of teams to the European Federation of Sea Anglers Word Tournament in Key West, Florida and also the Captain of Springbok teams to England and Wales." 'n Man van vele talente wat dan ook drie bote eiehandig gebou het.





Span SA:
(vlnr)
Stief Rootman (Griekwas, Kaptein)
Reg Hatting (Transvaal)
Mike Spaul (Natal)
Nick Scott (Vrystaat)









Nick Scott, Mike Spaul, Reg Hatting en Stief Rootman



Wereld Beker, medaljes en die Europese Federasie Trofee Wenners
Stief Rootman, Nick Scott, Mike Spaul en Reg Hatting.
(Foto's uit Stief Rootman se private versameling)