16 Februarie 2015

GRAFTE KAN JOU GROND RED

Eers het grafte net as ‘n eerbewys gedien. In die jongste jare het dit groot genealogiese waarde gekry. Nou kan grafte jou red van grondeise.

Netwerk24 berig vanoggend (16 Februarie 2015) dat ‘n reuse-grondeis wat sowat 400 erwe, nege plase en verskeie kerke, skole en sakeondernemings in van die noorde tot die ooste van Pretoria raak, is by die grondeisekommissie ingedien.

Die eis is deur ‘n opperstamhoof ingedien en reeds in die Staatskoerant gepubliseer.

Die stamhoof beweer sy mense is in die laat 1950’s tot vroeë 1960’s deur die polisie van die plaas Franspoort, wat die genoemde dele insluit, verwyder. Inisiasieskole is glo ook daar bedryf.

Sakkie Croukamp, ’n prokureur en inwoner wat ook deur die eis geraak word, het inwoners en belanghebbendes byeengekry om hul reaksie te bespreek.


Hy het die volgende raad gehad: “Navorsing is nou belangrik. Stap jul plase deur en neem foto’s van grafte met GPS-koördinate om ’n volledige teeneis te kan indien.”

• Altemit moet hulle kennis noem van die jongste DVD van begraafplase in die land.
 
Graf onder 'n boom op 'n plaas.

Op plaas Carlisle -S26.23153 E24.57599 - distrik Vryburg, Noordwes
 
Die graf van nader gesien.
Foto : J A Meyer (kleinseun)