21 Februarie 2015

DIE DIGITALE STORING VAN OU FAMILIEFOTO'S

Hoe kan ou foto's wat dekades terug geneem is digital gestoor word?


Hier volg 'n paar handige wenke:

  • Gebruik 'n digitale skandeerder met 'n "Photo-scanning feature"
  • Skandeer slegs een foto op 'n keer sodat dit maklik gestoor kan word en ook sodat die foto se opskrif in die toekoms verander kan word wanneer meer inligting beskikbaar word rakende die foto
  • Gebruik 'n hoekie op die skandeerder om dit maklik te maak om die foto's reg te plaas
  • Gebruik die opsies wat gebied word op die rekenaarskerm om kleur of swart/wit te kies en sekere skandeerders sal selfs 'n opsie hê waarmee helderheid en kleur aangepas kan word vir beter resultate veral wanneer die foto al verdof het a.g.v. ouderdom
  • Nadat die verstellings gemaak is kies " print preview" om te kyk hoe die foto daar uitsien
  • Indien alles reg lyk "scan" die foto
  • Indien nie heeltemal reg nie gaan doen verdere verstellings tot foto op die beste lyk en "scan" dan.
  • Stoor die foto op die rekenaar of eksterne hardeskyf as 'n .JPEG, .JPG of TIFF leers , eerste twee sal minder spasie opneem as TIFF leers wat meer spasie gebruik maar gewoonlik beter gehalte fotos lewer.
  • Soms sal dit nodig wees om oortollige areas van die foto te "crop" en hiervoor kan Microsoft se "Paint" program gebruik word. Daar kan ook name, plekke en datums op die foto aangebring word deur die "text options" te gebruik.  
Potters Place (onbekend wie foto geneem het en wanneer foto geneem is)

 
 

(Inligting uit berig van "Crestleaf.com)

Gaan lees ook berig oor "Donker Eeue vir Aanlyn Foto's"