27 Februarie 2015

GENEALOGIE-REKENAARPROGRAMME

Daar is tans heelwat  genealogie–rekenaarprogramme beskikbaar op die internet en het beperkte gratis funksionaliteit terwyl die volledige program teen 'n relatief klein bedrag van tussen R200 en R500 aangekoop kan word.

Dit is ook die moeite werd om soms bietjie te wag om die volledige program aan te koop want Legacy het bv. verlede jaar 'n "Black Friday Sale" gehad en die deluxe program kon teen 50% afslag aangekoop word.
Data kan oorgedra word tussen verskillende programme deur bv 'n GedCom lêer te gebruik indien die verkeerde program gekies is, sonder te veel moeite.
Hier onder volg 'n lys van 'n paar genealogie-rekenaarprogramme:
• Roots Magic – http://www.rootsmagic.com/
• Legacy Family Tree – http://www.legacyfamilytree.com/ (Ook in Afrikaans)
• Brother’s Keeper – http://www.bkwin.org/ (Ook in Afrikaans)
• Family Tree Maker – http://www.familytreemaker.com/
• Online Webpage Family Tree builder: www.Geni.com

Dit is gewoonlik die moeite werd om rond te vra en huiswerk te doen om te probeer verhoed dat 'n verkeerde program aanvanklik gekies word en veral dat die program wat gekies word, voldoen aan al die vereistes soos gestel deur die individu.

Daar is ook soms waardevolle hulpmiddels beskikbaar wat teen 'n koste aangekoop kan word en Roots Magic het bv. die volgende:
Plan the perfect Reunion
Personal Historian - hulp om familiegeskiedenis neer te skryf
Family Atlas - ancestors migration across the globe

Gedurende die jaar gaan daar by die Geselsgroep 'n oorsig oor 'n paar van die programme gegee word om die keuse van so 'n program makliker te maak.

Baie belangrik dat ondersteuning beskikbaar is wanneer probleme opduik. Gelukkig is daar lede met diepgaande kennis van spesifieke programme en kan genader word vir hulp.