16 Februarie 2015

'DONKER EEUE' WAG VIR AANLYN FOTO'S

In 'n artikel wat geplaas is op Netwerk 24 op Sondag 15 Februarie 2015 word genoem dat dit beter gaan wees om foto's uit te druk en te bewaar in foto albums. (Lees gerus die stuk oor Scrapbooking oor kreatiewe maniere om foto's vir die nageslag te bewaar)

Volgens Vint Cerf, visepresident van Google, " lê dalk vir die aanlyn wêreld donker eeue" voor met verwysing na die stoor van data.

Die rede daarvoor is omdat programme wat data lees moontlik in die toekoms deur nuwes vervang gaan word en kan veroorsaak dat gestoorde foto's en data nie meer gelees sal kan word nie. Digitale data loop 'n groot risiko: Cerf gebruik die term "bit rot" wat beteken dat ou rekenaarlêers vandag nutteloos is.

Volgens hom verander die digitale platforms so vining dat baie inligting vir toekomstige generasies verlore gaan raak.

'n Goeie voorbeeld van hoe maklik data verlore kan gaan is die "floppy" en daarna die "stiffy" wat gebruik is om data te stoor. Rekenaars wat huidiglik gebruik word maak nie meer voorsiening vir die lees daarvan nie, enige data wat op hierdie manier gestoor is vir altyd weg indien dit nie oorgeskryf was nie.


'n "Stiffie".

(Artikel op Netwerk 24 - Sondag 15 Februarie 2015)