04 Julie 2015

GENEALOGIE EN MUSEUMDAG 2015


Op Saterdag 16 Mei 2015 is die jaarlikse Genealogie en Museumdag by die Fountains Mall gehou - 'n samewerking tussen eGGSA en Humansdorp Museum.


Die doelstelling van die dag is om bewusmaking by die algemene publiek te bevorder vir genealogie asook vir die Humansdorp Museum om sodoende nie net familiegeskiedenis vir die nageslag te bewaar nie maar ook belagstelling te kweek vir die bewaring van oudhede vir die nageslag.


Die uitstalling van eGGSA (virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika) is gedoen deur Carol en Ludwic Beneke en hierdie jaar ook bygestaan deur hul dogter Michelle terwyl die Museum deur Carel Ferreira verteenwoordig is.





 
'n Groot aantal interessante plakkate is deur Carol en Ludwic saamgebring en uitgestal.

Verskillende onderwerpe, publikasies en projekte onderneem deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika word bekend gestel d.m.v. kleurvolle plakkate en hier volg 'n volledige lys van sommige (nie volledig):

Passasierslyste Projek
Familia - kwartaalblad
Boedelinventarisse
Doopregisters
Huweliksregisters
Sterfkennisgewings
Kieserlys
Franse Hugenote
Begraafplaasprojek
1820 Settelaars.

Die Jeffreysbaai Geselsgroep het ook blootstelling gekry deur die uitdeel van 'n blaadjie wat inligting bevat oor die webjoernaal asook waar en wanneer byeenkomste plaasvind.



 




Belangstellendes ernstig op soek na voorstate.