05 Junie 2015

KOLLIG OP:

Hierdie kwartaal val die kollig op:


 
 
 
 
 
"THE VAN AARDT STORY
FROM DELFT TO ROODEWAL
1550 -2014"

    Deur Willem P. van Aardt.











Die heel lywige boek met 171 bladsye is in Engels geskryf om dit toeganklik te maak vir familielede wat oorsee bly en handel oor die wel en weë van veertien geslagte en dek 'n periode van 464 jaar... Die boek bevat ook 'n groot aantal interessante foto's,

Willem meld in die boek dat die volgende kenmerke van die Van Aardts uitstaan:

  • Almal het redelik klein gesinne gehad in teenstelling met groot gesinne wat die norm was
  • Almal was besonder eksentriek
  • Vergewensgesind en inskiklik
  • Baie min het enige politieke stewe gehad
  • Geeneen het toegelaat dat versille oor taal, godsdiens of politiek kwaaivriendskap of slegte buurmanskap veroorsaak nie.





Tussen die voorsate staan Acton van Aardt (1892 -  1976) uit as 'n man met die versiendheid en geloof in die toekoms van Fynwol en dit is 'n groot jammerte dat dit eers na sy dood groot hoogtes sou bereik met die styging van fynwol se pryse gedurende die vroeë 1980's. Hierdie merwaardige man het vir 65 jaar 'n dagboek gehou van enige belangrike gebeure.

In hierdie dagboeke is die name van elke rugby speler wat ooit Springbok geword het, die telling van alle internasionale wedstryde asook die name van elke besoekende span van 1906 tot 1953.

Verder het hy ook besonderhede neergeskryf van elke Kabinet wat gevorm is tussen 1910 en 1948.

Hy het 'n groot voorliefde gehad vir deftige motors en daarom is ook boekgehou van elke motor wat aangekoop is, sowel as die name van persone van ander wat op dieselfde tyd ook 'n nuwe motor aangekoop het...

Op 25 Februarie het die skrywer van die boek die "Fairworld Fine Wool and Van Aardt Family Museum" amptelik op die plaas geopen  om erkenning te gee aan 'n eeu van "Fine Wool Merino Breeding and to honour the Van Aardts who have lived on this land for more than two hundred years, ever since 1797."

Die boek is op treffende wyse opgedra aan die al geslagte vroue wat deur die eeue hul Van Aardt mans bygestaan het:

Die skrywer: Willem P. van Aardt

"I am dedicating this book to all the Van Aardt wives who stood by their husbands through thick and thin for nearly five centuries.

To Levijntje Theunisz (van Gent) who endured an eight-month voyage on the open seas with two young children when she followed her husband to the Cape.

To Susanna Wilhelmina (Tregardt) who started her own "cook house' on the banks of the Fish River, most probably to earn extra income for her husband.

To Granny Margaret (Mare) who suffered bitterly during the time of "Die" Masters internment.

To my loving mother Viola (van der Vyver), who gave far more than she received in live, living with tragic deaths of three small children. She taught me to appreciate the finer and smaller things in life.

Last, but not least, to my wonderful and beautiful wife Monica (Strydom). When the Fish River was empty, when drought and stock theft were at their worst, and wool and meat priced were down, she kept me up and held me high. She is the reason why I am walking tall."