24 Mei 2015

THE STRANGERS IN THE BOX


"Come, look with me inside this drawer
In this box I've often seen
At the pictures, black and white
Faces proud, still and serene.

I wish I knew the people
These strangers in the box
Their names and all their memories
Are lost among the socks.

I wonder what their lives were like,
How did they spend their days?
What about their special times?
I'll never know their ways.

If only someone would have taken time,
To tell who, what, and when,
Those faces of my heritage
Would come to life again.

Could this become the fate
Of the pictures we take today?
The faces and the memories
Someday to be tossed away.

Make time to save your pictures
Seize the opportunity when it knocks
Or someday you and yours could be
The strangers in the box.

(Author: Pam Harazim)

‘Foto vreemdeling’ - wie was Ben Jacobs?

Ben Jacobs - 1915


Dis half hartseer maar ek hou tog wel van die gedig “Strangers in the Box” wat handel oor familiefoto's wat mens erf, wat identiteitloos in ‘n kartondoos lê omdat niemand hierdie ‘foto vreemdelinge’ se stories by die oorlede familielede wie die foto's jare lank sorgvuldig gebêre het, gekry het nie.

Ek het juis so ‘n foto, wat my ouma lewenslank in haar ‘foto boks’ gebêre het. Alhoewel my ‘foto vreemdeling’ se foto wel ‘n naam en datum waarop die foto geneem is agterop het, kon ek hom nog nooit positief identifiseer nie.

My ‘foto vreemdeling’ se naam is BEN JACOBS, en dit lyk of hy so min of meer 20 was toe hy heel deftig afgeneem was op Dinsdag 9 Maart 1915. My ouma Anna Maria de la Rey was min of meer dieselfde ouderdom, gebore 1894. Ek vermoed hulle was dalk neef en niggie, maar die Jacobs familie is groot en vele is nie aangeteken nie, so my Ben Jacobs is tans steeds identiteitsloos.

My ouma was vernoem na haar Jacobs ouma, Anna Maria Jacobs, gebore Rietrivier OVS op 6 Apr 1848 (oorlede 21 Julie 1890 Barkley Wes). Sy was getroud met William Gustavus Douglas Warden, seun van Majoor Henry Douglas Warden stigter van Bloemfontein. My ouma stam af van hulle dogter Johanna Catharina Elizabeth Warden (1867 Richmond -1897 Barkley Wes).

My ouma se ouma Anna Maria Jacobs was die dogter van David Joachim Jacobs (1817 Paarl -1894 Boshof, OVS) en Johanna Catharina Elizabeth Erasmus. Sy was een van omtrent 13 kinders. Kindername op David Joachim Jacobs en sy vrou Johanna Catharina Elizabeth se sterftekennisse (OVS E373 1894 en E31 1864), asook die info wat ek in die 1990’s gekry het in de Villiers & Pama se geslagregisters, verskil ietwat. Dit lyk vir my asof hulle kinders moontlik as volg was:

1. Helena Dorothea Jacobs x Otto
2. Maria Louisa Jacobs (*1840 Colesberg, + 1879 Boshof) x Holtzhausen
3. Johanna Catharina Elizabeth Jacobs (*1841 Colesberg, + 1876 Boshoff) x van Niekerk
4. Johannes Philippus Jacobs (+1866, ongetroud)
5. Lourens Marthinus Jacobs
6. David Joachim Jacobs (*1846, + Doornlaagte, Boshof 1866, ongetroud)
7. Anna Maria Jacobs *1848 Rietrivier OVS, +1890 Barkey Wes (my ooroumagrootjie) x Warden
8. Pieter Jacobus Jacobs *1849
9. Barend Jacobus Jacobs
10. Martha Jacoba Adriana Jacobs (1854-1872, ongetroud)
11. Jacomina Elizabeth Jacobs
12. Christoffel Johannes Jacobs * 1858 Boshoff, + Rietfontein, Barkley Wes) x Coetzee
13. Catharina Johanna Jacobs

My Jacobs ooroumagrootjie het omtrent 12 broers en susters gehad, dus kon my ouma Anna Maria de la Rey ‘n swetterjoel neefs en niggies gehad het. Was daar moontlik een genaamd BEN JACOBS – dalk my ‘foto vreemdeling’….???

Ek het my familiefoto van BEN JACOBS opgelaai in ‘n foto leêr genaamd “Foto Vreemdelinge” – familiefotos van persone wat identifisering benodig. Dalk is ek nie al een wat sulke fotos het nie en ons kan mekaar miskien help daarmee.

Ek sal dit ontsettend baie waardeer as iemand op die lys d.m.v. my beskrywing hierbo en/of BEN JACOBS se foto, hom dalk vir my kan identifiseer.

Baie groete,
Martina
(Brisbane)
Stuur asb enige inligting i.v.m hierdie foto aan mlouw1@bigpond.net.au