30 September 2015

Genealogie in Australië

Tydens 'n onlangse kuier by die kinders in Australië het ons die kantore van die "Society of Australian Genealogists" by 379 Kent Street, Sydney gaan besoek en Heather Garnsey (Executive Officer) ontmoet. Sy het ons baie vriendelik ontvang en meer vertel van hulle vereniging en ook hulle pragtige kantore aan ons gewys.

Haar eerste opmerking was :"Dare we talk about the rugby?"  - dit was die week na die wedstryd tussen die Springbokke en Japan....



Heather Garnsey
Die vereniging is reeds vir 80 jaar besig om navorsers te help om voorsate op te spoor en het 'n versameling van ongeveer 4000 boeke asook toegang per rekenaar tot ongeveer1500 databasisse by hulle kantore. Volgens hulle inligtingstuk is hierdie die grootste private versameling van genealogiese and geskiedkundige rekords ter wêreld.





 Verder word daar gereeld opleiding en seminare gehou by Richmond Villa, die vereniging se ander gebou by Kentstraat 120, Sydney.

(www.sag.org.au)




05 September 2015

MORKEL- A REMARKABLE SOUTH AFRICAN FAMILY

Church Windowpane

Morkel

A Remarkable South African Family
by André Theron Morkel












=========================================

                             
Philip Morkel on perilous voyages to the far east in 17th century
establishing a farm that would be in the family for 300 years;
hosting 80 shipwrecked sailors;
the church window panes of 1723;
founding a town, Somerset West and a church;
food for hungry convicts on the Neptune,
breaking the pledge and being ostracised in the community;
sport internationals in rugby and cricket;
saving Brockman from the lion;
being licked in the face by a lion;
the Blantyre fighting Chamber of Commerce;
fighting on both sides in the Anglo Boer War;
pioneering in Rhodesia;
fighting Mugabe’s terrorists;
saving Rhinos and elephant from poachers;
linking mixed race Morkels with the family genealogy
founding a new church;
and much more.

29 Augustus 2015

SURVEYOR GENERAL - TO GET A DIAGRAM OF A FARM OF ERF

How to get a diagram of a farm or Erf in towns from the Surveyor General.

1.   Google - Surveyor General

2.   Under Chief Surveyor General – C O (Click On) Here

3.   C O Search on town /region, farm name
Search on document No.

4.  Enter Details on screen (example is Goedgeloof Farm 745 ,Humansdorp Dist on which portion with thatch roofs of St Francis Bay is built)
Province:                Eastern Cape
Rural/urban:           Rural
Town/District:        Humansdorp
Enter Parcel No:     745
(If you do not spell the farm name the way the Surveyor has it,  it will not work.)
C O Search

5.   Town /Region No Action
Humansdorp Search
C O –Search

6.  Headings are--- Doc No Page Doc Type Real Name
C O the info in red under Real Name

7.  On the bottom Left Hand corner of the screen the Doc. No you clicked on is displayed. Click on the option arrow and choose Open. If you just click on the Doc No it will lead you to the same result as given in 8 below.

8.  The Document can be displayed, printed or saved

The normal size document on the screen is often unreadable, but if it is enlarged it becomes easily readable. The normal size print-out is clear.
Sometimes the print-out has parts cut off ,so before you delete the screen make sure that all the details are on the hard copy.
Written by Godfried Potgieter

27 Augustus 2015

Eckhard Stillfried von Fintel

Photo supplied by Bob Saunders






Eckhard Stillfried von Fintel.Sadly passed away unexpectedly on the 24
th August 2015.









22 Augustus 2015

GENEALOGIESE ONDERVINDING

Geskryf deur Emmarentia Ferreira * Hechter.

Emmarentia Ferreira

Ek het my familie geken, maar nie ‘n besondere belangselling daarin gehad nie.Toe word ek aan die diep kant ingegooi toe Janet Melville my vra om my man se familie se inligting.Omdat hy een van tien kinders was, het dit in ‘n nogal lywige stukkie werk ontaard.

Janet was destyds verbonde aan die Universiteit van Port Elizabeth.Sy het gewerk onder Prof. De Kock wat die hoof van die Rekenaar Fakulteit was. Beide het omtrent hul lewe lank in Genealogie belang gestel en het dus reeds oor ‘n lywige databasis beskik. Ek het nie geweet hoe ‘n rekenaar lyk nie!

13 Augustus 2015

MOET NOOIT OPHOU SOEK NIE

Vir 6 jaar soek ek al na inligting oor vier van my boeties en sussie wat in die dertig en veertigerjare gebore en oorlede is.
 
Inligting was baie, baie skraps en my ousus van bykans 84 kan nie meer mooi onthou nie en ek het maar enige stukkies en brokkies info wat ek kon kry van my ousus en ouer broer bymekaar gesit soos ek kon.

Ons het ‘n idee gehad van die volgorde van geboorte van die kinders. Ons was 11 waarvan 6 nog lewe.

Die oumense het oor die algemeen elke jaar of 2de jaar kinders gehad en ek kon dus rofweg benaderde datums bereken om mee te werk.
 
Omdat niemand seker was op watter ouderdom die kinders oorlede was nie, het ek die Aangif van Sterfte op FamilySearch deurgesoek vir die dorpe (wat bekend was) vir die jare vanaf benaderde geboorte tot die geboortejaar van die volgende kind wat nog lewe.

Wat dit effens makliker gemaak is is dat wanneer kinders onder 10 jaar oud sterf, die ouer se naam ook getoon word. Saam met dit, asook die naamgewingspatroon kon ek 100% seker wees van die korrektheid van elke kind. Ek het ook ‘n idee gehad waaraan 3 van die 4 oorlede is.

Die FamilySearch soekproses het baie lank geneem. So bv. het ek een kind eers kon vind op dokument no 868 van 1,359 dokumente.

Ek het nou al vier opgespoor en die onrustigheid in my kan nou tot ruste kom.
 
Van hierdie enetjie kon sus net onthou dat dit ‘n baba was wat ‘n paar dae gelewe het:
Cornelius Johannes LATEGAN * 30.11.1937 Modderdrift, Redelinghuys + 7.12.1937 (7dae) Modderdrift, Redelinghuys # Redelinghuys
 
Maar ek is baie hartseer vanaand vir my ouboet wat vir 3 maande moes gely het met kanker voordat hy weggeneem is:
Stephanus Jan LATEGAN (Boetman) * 2.1933 Redelinghuys + 31.8.1945 (12jr 6mde) Tiervlei # Redelinghuys.
Hy was in die Vincent Pallotti Hospitaal is is oorlede aan Lymphatic Leukaemia (Bloedkanker).
 
Geen van hul grafte kon ongelukkig opgespoor word nie.
 
Dit bewys egter net weer dat 'n mens nooit moet ophou soek nie....
 
Geskryf deur Nicky Lategan  

 
 





05 Augustus 2015

CECIL JOHN RHODES EN KIRKWOOD

Bitter min mense weet dat Cecil John Rhodes by verskeie
grondtransaksies in die omgewing van Kirkwood betrokke
was maar dat die eiendom klaarblyklik op 'n broer en
suster se name was.

Cecil John Rhodes












 

01 Augustus 2015

Britse en Koloniale Transport Medalje


Saamgestel deur Tiaan Jacobs


Medalje Voorkant en Agterkant

Toegeken deur die Verenigde Koninkryk & Ierland

23 Julie 2015

HAAIAANVAL IN JEFFREYSBAAI MAAK OPSLAE


Die eerste haaiaanval tydens 'n beroepsbranderry-kompetisie het hier in Jeffreysbaai plaasgevind tydens die eindrondte van die Jeffreysbaai Ope maar gelukkig het die Australiër, Mick Fanning, ongedeerd daarvan afgekom.

04 Julie 2015

GENEALOGIE EN MUSEUMDAG 2015


Op Saterdag 16 Mei 2015 is die jaarlikse Genealogie en Museumdag by die Fountains Mall gehou - 'n samewerking tussen eGGSA en Humansdorp Museum.


Die doelstelling van die dag is om bewusmaking by die algemene publiek te bevorder vir genealogie asook vir die Humansdorp Museum om sodoende nie net familiegeskiedenis vir die nageslag te bewaar nie maar ook belagstelling te kweek vir die bewaring van oudhede vir die nageslag.


Die uitstalling van eGGSA (virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika) is gedoen deur Carol en Ludwic Beneke en hierdie jaar ook bygestaan deur hul dogter Michelle terwyl die Museum deur Carel Ferreira verteenwoordig is.