30 September 2015

Genealogie in Australië

Tydens 'n onlangse kuier by die kinders in Australië het ons die kantore van die "Society of Australian Genealogists" by 379 Kent Street, Sydney gaan besoek en Heather Garnsey (Executive Officer) ontmoet. Sy het ons baie vriendelik ontvang en meer vertel van hulle vereniging en ook hulle pragtige kantore aan ons gewys.

Haar eerste opmerking was :"Dare we talk about the rugby?"  - dit was die week na die wedstryd tussen die Springbokke en Japan....



Heather Garnsey
Die vereniging is reeds vir 80 jaar besig om navorsers te help om voorsate op te spoor en het 'n versameling van ongeveer 4000 boeke asook toegang per rekenaar tot ongeveer1500 databasisse by hulle kantore. Volgens hulle inligtingstuk is hierdie die grootste private versameling van genealogiese and geskiedkundige rekords ter wêreld.





 Verder word daar gereeld opleiding en seminare gehou by Richmond Villa, die vereniging se ander gebou by Kentstraat 120, Sydney.

(www.sag.org.au)





Genealogie in Autralië - Kort oorsig:


The Stocks or Pillory
Foto: Wikipedia
In Engeland het die industriële rewolusie, sosiale verandering en oorlog gedurende die 17de en 18de eeue omwentelinge veroorsaak in die lewens van Britse inwoners en groot armoede en swaarkry was aan die orde van die dag. Soms was die enigste manier om te oorleef deur misdaad te pleeg en diefstal, roof en bedrog was redelik algemeen. Die regsproses was baie streng en ingewikkeld en die meeste kriminele oortredings stafbaar met die dood of “branding, whipping, hair cutting, the stocks or the pillory (skandpaal), imposition of a fine or transportation overseas”.

Owerhede in Engeland het aanvanklik oortreders na Amerikaanse kolonies gestuur omdat gevangenisse plaaslik te vol was, veral nadat daar besluit is dat doodstaf darem te erge straf is vir mindere oortredings. Die uitvoer van veroordeelde mense na Amerika is egter gestaak na die “American War of Independence” (1775-1783) en baie van die misdadigers is daarna gehou op “hulks” ( ou skepe, meestal afgetrede vlootskepe, wat gebruik is as drywende tronke) wat in riviere en hawes anker gegooi het sodat die gevangenes aan wal geneem kon word om arbeid te verrig.

In 1784 het die Britse Regering wetgewing goedgekeur wat vanaf 1799 die transportation wettig van gevangenes na Britse kolonies soos Bermuda, Malta, Barbados, Gibraltar, Victoria en ook New South Wales (Australia). Die gebruik van die laaste “hulks” as drywende tronke is in 1884 afgeskaf.

Baie gevangenes is na oorsese Britse kolonies gestuur om daar goedkoop arbeid te verrig. Gevangenes is onder andere gehuisves by die Hyde Park Barracks in Syney, New South Wales, Austalia.

Hyde Park Barracks Museum




Hyde Park Barracks is deur gevangenes gebou tussen 1817-1819 en gedurende 1819- 1848 is meer as 50,000 misdadigers deur hierdie hekke.

…above nine-tenths of the population of this colony (Australia) are or have been convicts, or the children of convicts… these are the people who have quietly submitted to the laws and regulations of the colony… these are the men who have tilled the ground, who have built houses and ships, who have made wonderful efforts….in agriculture, in maritime speculations and in manufactures…
Macquarie to Bigge 1819







Die eerste Europeërs het op 26 Januarie 1788 in Australië gevestig toe 11 skepe, genoem die “First Fleet” met ‘n vrag manlike misdadigers vanaf Engeland aangekom het- hulle was hoofsaaklik van Engeland, Skotland, Wallis en Ierland. Jaarliks word 26 Januarie gevier as Australia Day.

Later het die Lady Juliana met meer as 200 vroulike misdadigers in Australia geland en kort daarna die “Second Fleet”.

       Die gevangenes het saans in sulke hangmatte geslaap 
                             Hyde Park Barracks Museum

Oor die jare is ‘n totaal van 166,000 misdadigers na Australië gestuur. Hulle was ‘n uiteenlopende groep: sakkerollers, “petty” diewe, bedrieërs, politieke oproermakers, bankrowers, seerowers, slawe en ook geharde misdadigers. Baie het spoedig hul vryheid verkry deur harde werk en nakoming van al die reëls maar ander het volhard met misdaad.

Die misdadigers is gebruik om take te verrig soos die maak van skoene, hoede en klere asook versorging van wasgoed en kos deur die vroulike lede terwyl die mans meer harde arbeid verrig het soos om bv. paaie te bou. Die “Old Great North Road” – 264km lank - is in 1825 begin en in 1836 voltooi deur 720 gevangenis (waarvan sommige in kettings) en daar is vandag nog oorblyfsels van die steenwerk, brue en twaalf meter hoë keermure te sien. Die misdadigers het onder bitter moeilike omstandighede gehelp om die land te ontwikkel en uit te bou.

Die laaste gevangenes is in 1848 vanaf die Hyde Park Barracks verwyder en na Cockatoo eiland gestruur.

In 1851 is goud ontdek en die goldrush het ‘n groot aantal immigrante gelok en in die dekade tussen 1851 en 1861 het meer as 600,000 immigrante na Australia gestroom.

Vandag is die inwoners meer as 22 miljoen mense, waarvan meer as ‘n kwart oorsee gebore is.

Gevangenes is gebruik as ‘n vorm van goedkoop arbeid en het o.a. van ligdag tot donker klippe gekap, hout gekap, gebou, bosse en bome uitgekap en ook in die dokke gewerk.

Hulle is swaar gestraf vir oortredings en is soms ook onmenslik behandel en dit het gelei tot die moord in 1857 van John Price, die ongenaakbare Inspekteur Generaal van Gevangenisse in Victoria, waarvoor ‘n groep gevangenes van die “hulk” Success later opgehang is.

In die museum is nog voorbeelde van geknoopte swepe van tou en ander straftoerusting wat gebruik is.





Links is ‘n voorbeeld van sulke strawwe.
12 Lashes vir Insolence
100 Lashes vir Obscene language
3 Years Irons vir Highway Robbery
50 Lashes vir Neglect of work
50 Lashes for making a noise…












Uit: “Who do you think you are?”

….”Long after the convict era ended, the stigma attached to having convict ancestry remained. The “stain” of convict heritage was something to be hidden rather than celebrated. Whole branches dropped from family trees when they were found to contain a convict.

The 1970s were a turning point, with changing social values and a new openness to understanding our past. More liberal perspectives emerged with the women’s (Trailblazers) and Aboriginal civil rights movements. Historians began to consider the lives and experiences of “ordinary people” – the working classes, women, migrants, Aboriginal people, children and even convicts – who had previously been overlooked by history. Yet modern Australian society, early industries and agriculture were founded largely by convicts.

Today finding a convict in the roots of ones family tree has become a badge of
honour. The groundswell of interest in researching family origins is reinforced by television programs as online history resources. It is estimated that one in ten Australians has a convict ancestor…”

Op Austalië se $20 banknoot is ‘n foto van Mary Reibey wat skuldig bevind is, op die ouderdom van 13 jaar, dat sy ‘n gesteelde perd probeer verkoop het en daarvoor tot sewe jaar “transportation” gevonnis is – sy het jare later die mede-stigter van die eerste bank (Westpac) in Australië geword.

(Volgens die gids by die Hyde Park Barracks die enigste ex-gevangene ter wêreld wat so vereer is…..?)

Daar word nie weggeskram van die werklikhede van die verlede nie:

Volgens die Justice and Police Museum se webwerf :
…”Sydney's first European settlers were criminals – not an auspicious start – and the city has maintained its reputation for breeding same of the worlds hardest, most malevolent and cunning crooks ….”
Daar is tans ‘n foto uitstalling in bogenoemde museum oor van die bekendste (berugste) kriminele bv Ned Kelly (Bushranger) en die Kelly Gang waaroor rolprente gemaak is en die titelrol eers deur Mick Jagger en later deur Heath Ledger vertolk is.

Volgens David Williamson – Playwright:
…”We didn’t have a very good start as a nation. The first mob that came and settled were crooks and con men. The next that came were greedy avaricious gamblers who wanted some gold….”
Daar is tans ‘n foto uitstalling in die Liverpool Regional Museum van afstammelinge van gevangenes met die voorwerp wat deur die voorsaat gesteel is en dit is soms so nietig soos die kop van ‘n speenvark en ‘n paar kase maar: -

Groot of klein oortreding - “transportation” het ‘n onuitwisbare en blywende invloed gehad, nie net op die persoon se eie nie, maar ook die lewens van alle nasate!

Bronne:
Australian Citizenship – Our Common Bond
Australia – the Story of Us – Issues 1 – 4
The Hyde Park Barracks Museum
The Justice and Police Museum
Convict Hulks – Life on the prison ships.

(Geskryf deur Petro Meyer)