04 Oktober 2015

Queen's Suid Afrika Medalje


Toegeken deur die Verenigde Koninkryk van Groot Britanje en Ierland
Tipe:   Kampanje medalje
Geldigheid Diens in Suid Afrika tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei 1902
Toegeken Vir Dienste gelewer
Kampanje Tweede Boere Oorlog
Gespes 26
Statistieke
Ingestel 1900

Die Queen’s Suid-Afrika Medalje of QSA, soos algemeen bekend, was toegeken aan militêre personeel wat gedurende die Anglo Boereoorlog in Suid-Afrika diens gelewer het tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei 1902.




Eenhede van die Britse Leër, die Koninklike Vloot, Koloniale magte van Australië, Kanada, New Zealand, Indië and Suid-Afrika , asook siviele personeel in ‘n amptelike hoedanigheid en Oorlogskorrespondente, was almal geregtig op toekenning van die medalje.

Die QSA (sonder Gespe) was ook toegeken aan troepe wat Boere gevangenes by die kamp op die eiland St. Helena bewaak het, terwyl troepe op die Middetereense eilande die Queen's Mediterranean Medal ontvang het. Sommige Personeel op Troepskepe het weer die Transport Medalje ontvang.


Gespes:
Daar bestaan 26 verskillende gespes wat aan die medalje geheg kon word, wat aandui aan watter gevegte of kampanjes elke individu gedurende die Tweede Boeroorlog deelgeneem het. “Staats”gespes, was uitgereik vir diens binne die grense van ‘n staat wanneer geen “Gevegs”gespes aan die ontvanger toegeken was vir ‘n spesifieke geveg in dieselfde staat nie. Dit beteken dat ‘n QSA medalje nie beide ‘n “Staats”gespe of ‘n “Gevegs”gespe kon bevat vir aksies wat binne dieselfde staat plaasgevind het nie. Die “Kaap kolonie”gespe was nie toegeken aan ontvangers van die “Natal kolonie”gespe nie, en die "Rhodesië”gespe" tesame met die "Relief of Mafeking"gespe nie. Ontvangers kon ook nie beide die "Defence" and "Relief" gespes vir Mafeking, Kimberley of Ladysmith ontvang nie.

Staats Gespes
• CAPE COLONY - 11 Oktober 1899 - 31 Mei 1902
• NATAL - 11 Oktober 1899 and 11 Junie 1900
• RHODESIA - 11 Oktober 1899 - 17 Mei 1900
• ORANGE FREE STATE - 28 Februarie 1900 - 31 Mei 1902
• TRANSVAAL - 24 Mei 1900 - 31 Mei 1902
• SOUTH AFRICA 1901 – Toegeken aan diegene wat nie geregtig was op ontvangs van die King's Medalje nie, hoewel hulle tog aan die front diens gelewer het tussen 01 Januarie en 31 Desember 1901.
• SOUTH AFRICA 1902 – Toegeken aan diegene wat nie geregtig was op ontvangs van die King's Medalje nie, hoewel hulle tog aan die front diens gelewer het tussen 01 Januarie and 31 Mei 1902.
Gevegs Gespes (toon aan in watter 'staat' the geveg plaasgevind het)
• DEFENCE OF MAFEKING 13 Oktober 1899 - 17 Mei 1900 (KK)
• DEFENCE OF KIMBERLEY 15 Oktober 1899 - 15 Februarie 1900 (KK)
• TALANA 20 Oktober 1899 (Natal)
• ELANDS-LAAGTE 21 OKtober 1899 (Natal)
• DEFENCE OF LADYSMITH 3 November 1899 - 28 Februarie 1900 (Natal)
• BELMONT 23 November 1899 (KK)
• MODDER RIVER 28 November 1899 (KK)
• RELIEF OF LADYSMITH 15 Desember 1899 - 28 Februarie 1900 (Natal)
• TUGELA HEIGHTS 12-27 Februarie 1900 (Natal)
• RELIEF OF KIMBERLEY 15 Februarie 1900 (KK)
• PAARDEBERG 17-26 Februarie 1900 (OVS)
• DRIEFONTEIN 10 Maart 1900 – Toegeken aan troepe wat diens gelewer het by die Leër Hoofkwartier, asook aan die kolonne onder LtGen French wat van Popular Grove af opgeruk het op 10 Maart 1900 (OVS)
• WEPENER 9-25 April 1900 (OVS)
• RELIEF OF MAFEKING 17 Mei 1900 (KK)
• JOHANNESBURG – Toegeken aan troepe wat op 29 May 1900, noord van ‘n oos en wes lyn getrek deur Kliprivier Stasie en oos van ‘n noord en suid lyn getrek deur Krugersdorp Stasie, was (TVL)
• DIAMOND HILL 11-12 Junie 1900 (TVL)
• WITTEBERGEN 1-29 Julie 1900 (OVS)
• BELFAST – Toegeken aan troepe wat op 26 of 27 Augustus 1900, oos van ‘n noord en suid lyn getrek deur Wonderfonein, en wes van ‘n noord en suid lyn getrek deur Dalmanutha Stasie, en noord van ‘n oos en wes lyn getrek deur Carolina, was (TVL)
• LAING'S NEK 12 Junie 901 (Natal)

Voorbeelde van medaljes met ondeskeidelik vyf en ses gespes
Beskrywing








Voorkant Agterkant:
Voorkant
Agterkant
• ‘n Ronde, silwer medalje, 1.52 duim (36 mm) in deursnee. Die voorkant toon ‘n gekroonde en gesluierde afbeelding van Koningin Victoria, wat regs front, met die randskrif VICTORIA REGINA ET IMPERATRIX.
• Die agterkant vertoon Britannia wat die Union Flag in haar linkerhand hou en ‘n lourierkrans in haar regter hand. In die regter agtergrond is troepe wat na die kus toe marseer en in die linker agtergrond is twee manne-van-oorlog. Rondom die bokant is dien woorde SOUTH AFRICA. Die eerste medaljes wat aan die Lord Strathcona's Horse, toegeken was, bevat die datums 1899–1900. Hierdie datums is van daaropvolgende medaljes verwyder, omdat die oorlog langer as 1900 aangehou het. Sekere medaljes toon steeds die 'spook' of 1899–1900 aan.



• Die Lint is 1.25 duim (32 mm) wyd, en bestaan uit vyf strepe : rooi (5 mm), donker blou (5 mm), oranje in die middel en weer donker blou (5 mm) en rooi (5 mm).
• Brons medaljes was aan ongelyste personeel (insluitend Indiërs) uitgereik, hoewel sekere Silver medaljes aan inheemse troepe van Suid-Afrika uitgereik was.

Saamgestel deur Tiaan Jacobs