28 Oktober 2015

Afrikanervroue ‘was getrou aan mans’.

So paar jaar gelede, in 2012, het Christoff Erasmus (regs) ‘n praatjie gelewer by die Wes-Gautengtak van die Genealogiese Genootskap van SA oor navorsing waaroor in die meegaande koerantknipsel berig word.

 'n Soortgelyke berig het ook op die Beeld se voorblad verskyn.

Hy het met grafieke gewys hoe die manlike Y-chromosoom  onveranderd van geslag na geslag oorgedra word en selfs teruggevolg kan word na die stamland van die person. Daar is ook genoem dat sekere faktore soos bv. aanneming van 'n kind daartoe sal lei die Y-chromosoom van die seun nie ooreen sal kom met die spesifieke van wat hy het nie.

‘n Paar lede van die tak, met vanne in die teikengroep, was bereid om deel te neem aan die navorsing.  Dit is daarom baie interessant om nou die uitslae van die navorsing te lees.



Dennis Pretorius, Kriek Fourie en Petrus van der Merwe met hul DNS-monsters