01 Augustus 2015

Britse en Koloniale Transport Medalje


Saamgestel deur Tiaan Jacobs


Medalje Voorkant en Agterkant

Toegeken deur die Verenigde Koninkryk & Ierland

Tipe: - Kampanje Medalje
Geldigheid:
Hierdie medalje was ingestel vir toekenning uitsluitlik aan die Handelsvloot. Die ongewone eienskap van hierdie medalje was dat dit uitsluitlik beperk was tot die meester, die 1ste, 2de en 3de offisiere, 1ste, 2de en 3de ingenieurs, betaalmeesters en dokters.

Toegeken vir:
Die medalje was in 1903 uitgereik vir dienste gelewer vir die transportering van troepe en voorrade (insluitend diens op hospitaal skepe) per see aan daardie offisiere met ’n gespe(s), wat of Suid Afrika en /of China lees, en die periode van die Anglo Boere Oorlog en die Bokser Oorlog van 1900 gedek het. 1,270 medaljes met die gespe South Africa 1899-1902, was toegeken en 323 met die gespe China 1900, terwyl slegs 188 beide die gespes gehad het.

Kampanje Gespes Tweede Boere Oorlog
• South Africa 1899-1902 en
• China 1900



Beskrywing:
• ‘n Ronde, silwer medalje, 1.52 duim (36 mm) in deursnee, met ‘n draaisirkel steunarm. Die voorkant vertoon die kop van Koning Edward VII gekleë in die uniform van ‘n Admiraal van die Vloot, wat links front met die randskrif 'EDWARD VII REX ET IMPERATOR' (vertaal : vir dienste gelewer deur transportering van troepe per see).
• Die agterkant vertoon ‘n wêreldkaart met daaronder ‘n handelsvaartuig HMS Ophir, en die inskripsie 'OB PATRIAM MILITIBUS PER MARE TRANSVECTIS ADJUTAM'.
Gespes
Twee gespes was toegeken en ‘n ontvanger kon een of twee gespes ontvang. Die gespes was :
• 'SOUTH AFRICA 1899-1902' en

• 'CHINA 1900'.

Lint:



• Die Lint is 1.25" (36mm) wyd en is rooi met twee breë donker blou strepe aan beide kante.
• Die medalje is aan die lint geheg by wyse van ‘n eenvoudige, reguit draaisirkel steunarm ophanger, soos in die geval van die Queens Suid Afrika medalje.

Benaming:

Ingekeepte, geblokte hoofletters was gebruik om die ontvangers se name op die rand te graveer.

Die ontvangers se range of naam van sy skip was nie aangedui nie, behalwe in die geval van Meesters, waar die woorde 'IN COMMAND' bygevoeg was na die naam.
     


Voorbeeld van ‘n Medalje met SA gespe:


Groep medaljes van J Blaikie:




Groep van Meester B F Hayes: