08 Mei 2016

Verwesenliking van ‘n Droom

Dit kan 'n uitdaging wees om dokumentasie en familiegeskiedenis vir die nageslag te bewaar omdat groot genoeg ruimte nie altyd beskikbaar is vir hierdie doel nie.

Toewyding, deursettingsvermoë en 'n passie vir geskiedenis ( "History" = "his + story") het gelei tot 'n unieke en praktiese oplossing vir die uitstal van 'n groot hoeveelheid inligting in 'n beperkte ruimte. Besonderhede oor die vernuwing en veranderinge, wat oor jare by 'n geskiedkundige kerk plaasgevind het, het so behoue gebly asook die bewaring van 'n kosbare familiegeskiedenis.

Die NG Moederkerk in Stellenbosch.
Foto : Internet

27 April 2016

" Genealogical Spin" - Great interpretation of facts

     Judy Rudd an amateur genealogy researcher in south east Queensland , was doing some personal work on her own family tree. She discovered that ex-Prime Minister Kevin Rudd's great-great uncle, Remus Rudd, was hanged for horse stealing and train robbery in Melbourne in 1889. Both Judy and Kevin Rudd share this common ancestor.
    
The only known photograph of Remus shows him standing on the gallows at the Melbourne Jail.

14 April 2016

Ferreira familie

My skoonpa, Daniel Joel Ferreira was die tweede jongste van tien kinders.
Daniel Joel Ferreira met broers en susters en hul gades
Op die begrafnis van die laaste kind, het ‘n niggie, twee neefs, sy vrou en ek bymekaar gestaan toe die een neef nl. Johann Ferreira van Interkaap, die aanmerking maak dat die familie (neefs en niggies) nou seker nie weer mekaar sal sien nie. Die ander neef, Rens Ferreira , se toe: “Hier staan drie vroue. Laat hulle vir ons ‘n Familie-saamtrek reel”.

27 Maart 2016

TECH TALK - Data Storage

SSDs and the (eventual) end of hard-drives

Hard-Disk-Drives (HDDs) are mechanical devices with spinning platters, not unlike old vinyl
records, but instead of grooves, small magnetic blocks are used to save or load information in the form of 0's and 1's by magnetizing or reading the magnetized polarity on the platter's surface. They also have a 'head', that like a record player, swing to and fro over the platters to read or write information.



This is an amazing piece of robotics but it has it's limits… Although hard-drives come installed in laptops, they are not really intended to be used whilst moving. A small bump can cause the head to bump against the platter, causing irreparable damage. Hard-drives can recover and ignore that 'bad block' but over time the disk will quickly continue to degrade, until eventually one day, your data is lost.

20 Maart 2016

BEWARING VAN GENEALOGIESE REKORDS - BETER BEWUSMAKING



'n Epos ontvang van Trevor Muntingh, lid van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, lei tot 'n soektog na 'n boek oor die Ballot-familie in Suid Afrika geskryf deur Prof. F.W.Marx.

12 Maart 2016

MODE ONTWIKKELING OOR DEKADES EN DIE IDENTIFIKASIE VAN HISTORIESE KLEREDRAG IN SKETSE EN FOTO’S

     Tydens ‘n onlangse besoek aan die Humansdorp Museum het Annemarie Carelsen – kurator van die Ditsong Museums - ‘n insiggewende praatjie gelewer oor die datering van voorwerpe, tekstiele asook sketse en foto’s aan die hand van kleredrag, haarstyle en objekte. Na die praatjie het sy deur die museum se versameling gewerk, klerasie in verskillende tydperke verdeel en die geraamde datum van elke stuk gegee.

Annemarie besig om klere te dateer

04 Maart 2016

Gamtoosrivier Oorstromings van 1916

     Na aanleiding van 'n versoek ontvang van Richard Wolfaard van GGSA, Wes-Gauteng oor die 1916 vloed in die Gamtoosvallei waarin van sy famile omgekom het, is daar in Humansdorp Museum gesoek na enige inligting wat met die vloed verband hou en interessante inligting is dan ook aan hom gestuur. Die soeke in die Museum het egter onverwags gelei tot die ontdekking van inligting van genealogiese belang soos die adres van 'n voorsaat, wat 'n advertensie geplaas het om sy woning te verhuur, die verkiesing van 'n ander voorsaat tot die skool se komitee en ook die name van voorsate gepubliseer in die koerant omdat skenkings gedoen is aan die rampfonds gestig na die 1916 vloed.
     Sulke nietige inligting versterk die besef dat die voorsate omgee mense was en maak hulle in 'n sin meer menslik en nie slegs name en datums nie.

04 Februarie 2016

Aardrykskundige Woordeboek - Nederlandse stede en dorpe

Die Aardrijkskundig woordenboek der Nederlanden (1839-1851) is 'n reeks van 14 boeke deur A.J. van der Aa en is digitaal beskikbaar op die volgende plekke:



https://archive.org/search.php?query=Aardrijkskundig%20woordenboek%20der%20Nederlanden


http://www.heuristiek.ugent.be/?q=vmt/aardrijk






Ook nuttig is die Schatkamer der Nederlandsse Oudheden; of Woordenboek, behelsende Nederlands Steden en Dorpen, Kastelen, Sloten en Heeren Huysen, ... (ens.) van Ludolph Smids (1711)


Hierdie boek is beskikbaar by Google Books (gratis) of as individuele "scans" by dbnl.org
Google Books:


http://bit.ly/1RKDhBo


http://www.dbnl.org/titels/titel.php?id=smid001scha01






(Ek gebruik selfs die Google Books-een, weet nie of die een by dbnl.org volledig is nie.)




Ook uiters handig is die Toponymisch Woordenboek van België, Nederland, Luxemburg, Noord-Frankrijk en West-Duitsland, deur Marits Gysseling (1960)



http://bouwstoffen.kantl.be/tw/




Geskryf deur Anrie Hoogendoorn

28 Januarie 2016

Oesterbaai


Uittreksel uit die webwerf www.oesterbaai.info

'n Onlangse soektog oor inligting van plekke om te besoek tydens  'n reis na Kaapstad het  interessante ontdekkings opgelewer  in die vorm van 'n webjoernaal oor Joubertina en Oesterbaai wat geskep is deur  Mias Strydom.

Probeer gerus die onderstaande skakels en lees oor die geskiedenis van Oesterbaai en kom meer te wete oor Joubertina - daar is selfs 'n kaart van die dorpie en pragtige foto's van die dorp en omgewing.