14 April 2016

Ferreira familie

My skoonpa, Daniel Joel Ferreira was die tweede jongste van tien kinders.
Daniel Joel Ferreira met broers en susters en hul gades
Op die begrafnis van die laaste kind, het ‘n niggie, twee neefs, sy vrou en ek bymekaar gestaan toe die een neef nl. Johann Ferreira van Interkaap, die aanmerking maak dat die familie (neefs en niggies) nou seker nie weer mekaar sal sien nie. Die ander neef, Rens Ferreira , se toe: “Hier staan drie vroue. Laat hulle vir ons ‘n Familie-saamtrek reel”.


Hendrik Jacobus Ferreira (Koot)


Ons neem toe die oupa, Koot Ferreira (Hendrik Jacobus * 1857.01.31)as uitganspunt en deel sy tien kinders tussen ons en begin bel en nageslag soek. Vir ‘n venue kry ons toe die Quarry- saal naby Loerie en besluit op 7 Sept.1996.


Ons begin mense besoek, foto’s bymekaar maak en Janet Melville druk vir ons ‘n boek van die inligting wat hulle op daardie datum van die Ferreira’s by die Universiteit van Port Elizabeth gehad het.


Johan Ferreira bied aan dat familie wat die byeenkoms wil bywoon, gratis van sy busdiens tot by die naaste busstop, kan gebruik maak. Jan Ferreira bied aan om sy springkasteel te kom opslaan. Nog iemand bied hout aan en die Ferreira’s is reg vir partytjie hou.


Ons kry toe ongeveer twee honderd van die nageslag bymekaar.






Dis ‘n karaktertrek van die Ferreia’s dat hulle baie familievas is, en ek het nie besef watter byenes ons hiermee sou oopkrap nie. Die Ferreira’s van die Gamtoos vallei en die Langkloof begin toe die Universiteit bel en selfs ek begin deurloop omdat hulle nie genooi was nie. Familie inligting begin instroom en voor ek my oe kon uitvee was ek kniediep in Genealogie gedompel.


Destyds was daar nie Internet nie, en die rekenaars was die van UPE se Rekenaar afdeling. Janet het die inligting op die rekenaar gelaai en ek het die veldwerk gedoen. Sy gebruik die program wat prof. De Kock ontwikkel het.


Vir my was dit ‘n avontuur. Ek het kerke en begraafplase besoek in die Langkloof van so ver as De Hoop, anderkant Oudtshoorn, Aberdeen en dan in die ander rigting tot by Greykerk, tussen
Geen steen is onaangeraak gelaat nie!
Fort Beaufort en Queenstown. Familie en vriende is ingespan om my te help afskryf aan inligting.

Nog 'n Ferreira word opgeskryf


Die Meesterskantore in Grahamstad , Kaapstad en Roelandstraat het bekende plekke geword.
Ek en Janet het selfs eenkeer ‘n week in die argief in Bloemfontein deurgebring.


Druk besig met voorbereidings

Uitstalling van familiefoto's - nog baie ander is deur lede van die familie bygevoeg




So word die eerste Ferreira-boek dan April 1998 uitgegee onder die Redakteurskap van Gdeon de V de Kock met 580 bladsye. Daarna verskyn tweede en derde uitgawes en tans is daar weer ‘n boek in die pyplyn met oor die duisend bladsye.
(Geskryf deur Emmarentia Ferreira)