21 November 2015

King’s Suid Afrika Medalje

Medalje Voorkant en Agterkant

Toegeken deur die Verenigde Koninkryk
Tipe:  Kampanje Medalje
Geldigheid Troepe wat in Suid Afrika diens gedoen het op of na 1 Januarie 1902, en 18 maande diens voltooi het voor 1 Junie 1902
Toegeken Vir Dienste gelewer
Kampanje









Gespes:
Tweede Boere Oorlog

• South Africa 1901
• South Africa 1902

Statistieke:
Ingestel 1902

Die King's Suid Afrika Medalje of KSA, soos algemeen bekend, was in 1902 ingestel en aan alle troepe toegeken wat in die Boere Oorlog in Suid Afrika diens gelewer het op of na Januarie 1902, en 18 maande voltooi het voor 1 Junie 1902. Die medalje was nooit alleen uitgereik nie, maar altyd gekombineer met die Queen's Suid Afrika Medalje of QSA; en was nooit sonder ‘n gespe uitgereik nie, behalwe aan ongeveer 600 verpleegsusters.
Die KSA, tweede kampanje medalje vir die Suid Afrikaanse of Boere Oorlog, was bedoel om erkenning te verleen aan diens gelewer tydens die moeilike, latere fases van die oorlog, en is toegeken aan diegene wat deur hulle lang dienslewering, die kampanje tot ‘n suksesvolle einde gebring het. Dit was nie verwag dat diens deurlopend gelewer moes wees nie, maar selfs al was dit deurlopend, moes die ontvangers diens gelewer het vanaf Desember 1900, ten einde 18 maande diens te kon hê, voordat die oorlog in Mei 1902 beëindig is, Vandaar die feit dat die meerderheid van die deelnemers aan die oorlog, slegs vir die QSA gekwalifiseer het.
Die toekenning van die medalje was gekontroleer onder Leër Order 232 van Oktober 1902. Die volgende teks, wat in die Leër Order verskyn het, het ook in die Times op 30 September 1902 verskyn.




Sy Majesteit die Koning, was aangenaam verheug om goed te keur dat ‘n tweede medalje, wat sy afbeeldsel dra , toegestaan word in erkenning van dienste gelewer deur troepe in die laaste fase van die Kampanje in Suid Afrika, en om daardie soldate te vergoed wat deur hul langdiens in die veld, die oorlog tot ‘n suksesvolle einde gebring het. Hierdie medalje sou gevolglik bekend wees as die "King's South Africa Medal."
Gespes
Twee gespes was toegeken en die medalje word gewoonlik gesien met 'SOUTH AFRICA 1901' en 'SOUTH AFRICA 1902', alhoewel beide ook alleen kan verskyn, terwyl medaljes toegeken aan verpleegsters, geen gespes gehad het nie. Die KSA kon nie sonder die QSA toegeken word nie.
• SOUTH AFRICA 1901 – Toegeken vir dienste gelewer tussen die 1ste Januarie 1901 en die 31ste Desember 1901 as deel van die vereiste 18 maande diens.
• SOUTH AFRICA 1902 – Toegeken aan diegene wat diens gelewer het tussen die 1ste Januarie 1902 en die 31ste Mei 1902, beide datums ingesluit.



KSA gespes


Voorkant


KSA en QSA

Agterkante


Voorkant

Die bogenoemde gespes sal met die medalje gedra word wat by wyse van Leër Order 94 van 1901 goedgekeur is, deur diegene wat gekwalifiseer is om dit te ontvang, indien hulle nie geregtig is om die medalje goedgekeur deur hierdie Order, te ontvang nie. Indien hulle wel geregtig was om die medalje wat onder hierdie Order goedgekeur was te ontvang, sal bg. gespes daarmee saam gedra word.
Beskrywing
• ‘n Ronde, silwer medalje, 1.52 duim (36 mm) in deursnee met ‘n draaiskakel steunarm. Die voorkant toon die kop van Koning Edward VII, gekleë in die uniform van ‘n Veldmaarskalk, wat regs front, met die randskrif EDWARDVS VII REX IMPERATOR.
• Die agterkant is dieselfde as die Queen's Suid Afrika Medalje, derde tipe – voorstelling van ‘n kuslandskap met Oorlogskepe wat langs die kus lê. Britannia word getoon waar sy die Union Flag in haar linkerhand hou en ‘n lourierkrans in haar regter hand. In die regter agtergrond is troepe wat na die kus toe marseer en in die linker agtergrond is twee manne-van-oorlog. Rondom die bokant is die woorde SOUTH AFRICA.

Lint
• Die lint is 1.25 duim (32 mm) wyd, en bestaan uit drie eweredige strepe (links na regs): ligte
groen, wit, en oranje, en word so gedra dat die groen streep van die lint aan die regterkant is.

• Die ophanger is eenvoudig, reguit en aan die medalje geheg met ‘n dubbel klou-en poot montering.

Benaming
Ingekeepte blok- of skuins hoofletters was gebruik vir die ontvangers se name op die rand van die medaljes. Afgedruk in “san serif” hoofletters - in ‘n styl wat ook by die Queen's Suid Afrika Medaljes aangetref word. Sekere Offisiersmedaljes is aanmekaar (encountered) gegraveer.