26 November 2015

Fiksheidsprogram

Hierdie kreatiewe gebruik van Afrikaanse idiome is onlangs in Die Burger gepubliseer en die skrywer daarvan, Hoffie Williams van Jeffreysbaai het dit goedgunstiglik ook beskikbaar gestel vir plasing op hierdie webjoernaal.


Hierdie firma se personeel benodig geen fiksheids-program nie, want almal kry genoeg oefening met hul daaglikse aktiwiteite. soos :
die bobbejaan agter die bult te gaan haal,
die wind uit mekaar se seile te haal,
breĆ« rieme uit ‘n ander se vel te sny,
klippe in mekaar se pad te rol,
die kat in die donker te knyp,
van die wal in die sloot te help,
ou koeie uit die sloot te grawe,
die kar voor die perde te span,
verantwoordelikhede te ontduik,
met ander se kalwers te ploeg,
slapende honde wakker te maak,
hulle eie beuel te blaas,
van molshope berge te maak,
op loop te gaan met ‘n idee,
mekaar met modder te gooi,
mekaar om die bos te lei,
hulle gewig rond te gooi,
vir ander ‘n gat te grawe,
twee rye spore te loop,
dooie perde op te saal,
klagtes aan te dra,
ganse aan te jaag,
stof op te skop,
hare te kloof,
spek te skiet,
kanse te vat,
hase op te jaag,
die baas af te kraak,
jakkals-draaie te gooi,
mekaar voor te spring,
mekaar in die rug te steek,
mekaar die loef af te steek,
mekaar in die hare te vlieg,
en die werksprogram in die wiele te ry.