14 November 2015

FAMILIE NAVORSING IS NIE VIR SISSIES NIE


Sterk wees moet jy wees

of dikvellig wees

of jy moet 'n wees wees

sonder familie lewend

verkieslik dood

dooies praat hulle eie praat

lewendes wil nie praat

of praat te veel

of leef te lank

hoor dan ander lewende
Adv Neels Coertse
geraamtes in kaste

ou dooie koeie en ou dooie bulle

kom op uit hulle slote

en op uit die gate in die grond

en die lewende is

moordadig kwaad en wil gewere

messe of bomme uitpluk

om die geskiedenis reg te ruk.



GESKRYF DEUR NEELS COERTSE