30 April 2014

WAT MY MA MY GELEER HET

Sy het my geleer van bid: "Jy moet bid dat daai kol uit die mat is as ek vanaand by die huis kom."
Sy het my geleer dat pa's slimmer as ma's is: "Gaan vra jou pa."
Sy het my geleer van plantkunde: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"
Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Boetjie!!!!!!!!!!”
Sy het my geleer van die weer: "Dit lyk of 'n orkaan deur jou kamer is."
Sy het my van fauna en flora geleer: "Moenie vir my vertel pêredrolle is vye nie."
Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra."
Sy het my van wetenskap en kosmose geleer: "Hou jou mond en eet jou kos."
Sy het my van uithouvermoë geleer: "Jy sal daar sit tot al jou kool opgeëet is."
Sy het my geleer van sintuie: "Kinners word gesien en nie gehoor nie."
Sy het my van humor en hartseer geleer: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil."
Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer."
Sy het my geleer daar is 'n plek en tyd vir alles: "As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite, ek het nou-net hier skoon gemaak."
Sy het my van wiskunde geleer: "Sit jy al weer en tanne tel?"
Sy het my van logika geleer: "Want ek sê so!!!"
Sy het my van wreedheid geleer: "Ek gaan jou gatvelle aftrek."

Geskryf deur Naas Olivier