24 September 2014

GENEALOGIE EN SCRAPBOOKING, DIE PERFEKTE PAARTJIE

Scrapbooking vertel ‘n storie. Genealogie vors details oor jou familie geskiedenis na, jou familie se
verhaal. Ek kan nie aan ‘n meer natuurlike konneksie dink as scrapbooking en genealogie nie.


WAAROM GENEALOGIE SCRAPBOOK?
Genealoë werk met hordes dokumente: geboortesertifikate, doodsertifikate, oorlogsrekords en baie
ander dokumente wat noodsaaklik is vir die familiegeskiedenis. Elke stukkie inligting, of dit nou
geskrewe of verbaal is, is ‘n unieke skakel tot die verlede, maar ongelukkig eindig meeste daarvan in
‘n boks, op ‘n hoop, op CD's of rekenaars. Selfs genealoë wat familiegeskiedenisse skryf en
publiseer, doen dit gewoonlik met net die noodsaaklikste inligting, name en datums, en soms dalk
‘n enkele foto of kort opsomming.

Tradisioneel is familiefoto’s in albums bewaar met fotohoekies, allerhande soorte gomme en so
meer. Dagboeke en joernale, as dit ooit bewaar was, was persoonlik en apart van die foto-albums
wat die inskrywings sou komplementeer. Outydse scrapbook albums was nie behoorlik gebind nie,
en stukkies papier en memorabilia was sommer losweg ingesit.

Hierdie metodes het baie negatiewe elemente. Prakties gesproke: dokumente en foto's wat so bewaar word, vergaan baie gou. Die ergste van alles is egter die losmaking van die verhale, die foto's, dokumente en verbale oorlewering wat jou familiestorie en -geskiedenis baie skade kan aandoen.

Om jou familiegeskiedenis te scrapbook, los al hierdie dilemmas op. Alle belangrike dokumente en fotos word bymekaar in argiefkwaliteit albums bewaar en die heIe familie kan deelneem aan hierdie storievertelling!

Daar is geen regte of verkeerde manier om te begin om jou familiegeskiedenis d.m.v. scrapbooking te vertel nie. Van die vrae wat jy jouself kan vra is die volgende: Vir wie doen jy hierdie projek? En: Watter storie wil ek vertel? Jy wil dalk die verhaal van een familielyn vertel, die geskiedenis van een persoon in die familie, immigrasie van iemand in jou familiegeskiedenis, of hoe JY dan hier opgeëindig het; die moontlikhede is oneindig.
Omdat scrapbooking ‘n visuele verhaal vertel, is foto's gewoonlik die belangrikste element. Vra familielede vir foto's. Jy kry dalk ongelooflike foto's van familie wat jy nie eers geweet het bestaan nie. Vra of jy die oorspronklike foto mag kry/gebruik, skandeer die foto of neem ‘n foto met jou digitale kamera van die foto vir jou album.
Onthou ook dat mense nie altyd die tema van die foto hoef te wees nie. Geboue wat relevant tot die familiegeskiedenis is, juwele, resepte en resepteboeke, kerke, plase, ens.; fotos van al hierdie items vorm ‘n integrale deel van jou verhaal. Nuusberigte, kaartjies, briewe, poskaarte, trou-aankondigings, immigrasierekords, al hierdie dokumente kan deel vorm van jou scrapbook. Enige iets wat neergeskryf kan word of afgeneem kan word kan ingesluit word.
Die heel belangrikste aspek van scrapbooking is egter die verhaal self. In scrapbooking noem ons die skryf van die storie Joernaal/Journaling. Dit is so belangrik om die storie te skryf. Wat is belangrik? Wie die persoon/plek is, waar, wanneer die foto geneem is. As die details nie bekend is nie, kan jy doodeenvoudig skryf hoe die persoon/foto jou raak en dalk die invloed/ervaring wat die persoon/ plek op jou gehad het. Onthou altyd dat die persoon wat na die scrapbook kyk, niks weet van die persone nie. Dit is daarom belangrik om soveel inligting moontlik saam met elke foto te plaas.
Jy kan die emosies, gedagtes en karakter eienskappe van die persoon neerskryf. Dink oor sommige
goed: Waarom het Oupa na Suid-Afrlka gekom van Duitsland? Wat dink jy? Onthou, hierdie boek
gaan nog deur baie geslagte gelees word, en hulle wil JOU gedagtes ook weet.
Skryf oor hoe sekere besluite JOU affekteer. Bv. as jou oupa ‘n goudsmid was wat Suid-Afrika toe
gekom het om te kom boer en jy op die familieplaas ook geboer het maar binne in jou het jy nog
altyd ‘n liefde vir metaal werk gehad, waar kom dit vandaan?
Op die ou end, onthou dat jou familieverhaal en -geskiedenis meer is as net name en datums. Om
jou ontdekkings te scrapbook, bind die verhaal van jou familie aan dit wat jy ontdek het deur jou
genealogiese navorsing. Dit kan jou geskiedenis laat lewendig word en vir jou en al die toekomstige
generasies laat met ‘n blywende geskiedenis wat baie meer waardevol is as 'n paar fotos, name en datums.

HOE OM 'N GENEALOGIESE SCRAPBOOK TE MAAK - 10 MAKLIKE STAPPE
1. Organiseer jou foto's
2. Beplan hoe jy dink jy dit bymekaar wil sit
3. Kry ‘n album en papier
4. Kry items om die bladsye mee af te rond
5. Organiseer jou werkspasie
6. Skep die agtergrond en rame
7. Sny jou foto's netjies en plaas hulle op ‘n kontrasterende kleur
8. Begin plak
9. Skyf die storie, skryf die storie, skryf die storie!
10. Voeg afrondings elemente by en daar het jy dit!

By Scrapbook Studio Jeffreysbaai kan ons u help om u eie genealogiese scrapbook te maak. Ons
weet hoe belangrik dit is om ons geskiedenis en herkoms te bewaar. Besoek ons winkel vir by 106 Da Gamaweg, Jeffreysbaai vir meer idees en inspirasie.
Ons hoop u het ‘n paar nuwe idees gekry van hoe om u familie geskiedenis te laat lewe.

Cariena Basson