12 Februarie 2022

Toeval of nie?


Ongeveer ‘n jaar gelede kom praat Tiaan Jacobs,‘n militêre historikus, by Humansdorpmuseum oor medaljes uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog. Hy noem terloops dat die tyd uitloop vir die aanvra van ABO medaljes deur die nasate aangesien dit beperk is tot eggenotes, kinders en kleinkinders. Genoemde kleinkinders moet self ook al bejaard wees en met hul afsterwe is die geleentheid vir families om aansoek te doen vir voorsate se medaljes vir altyd verlore....

Volgens oorlewering het ‘n Buitedag voorsaat gesneuwel slegs een week voor die einde van die oorlog en van die Oberholzers se kant is daar slegs een oorlewende kleinkind wat nog kan aansoek doen vir so ‘n medalje....

dadelik word kontak gemaak met die enigste lewende kleinkind: Barend Christiaan Oberholzer (Oom Bertie), 87 jaar oud, is heeltemal onbewus van die bestaan van so ‘n medalje en dadelik geïnteresseerd om meer daarvan uit te vind. Die nodige aansoek is dan ook sommer gou aan die SANDF gepos.

Weke gaan verby en oom Bertie kry geen antwoord nie, later skakel hy die SANDF se dokumente- afdeling en praat met ‘n baie behulpsame persoon wat onderneem om die betrokke dokumentasie te trek en terugvoering te gee.

Intussen word navorsing gedoen oor hierdie Buitendag voorsaat (my oupagrootjie). Volgens sy Sterfkennis sneuwel Frederik Willem Coenraad Buitendag op 12 April 1902 in “an engagement at Kalboschlaagte distrik Wolmaranstad“. Hy was 39 jaar en 10 maande oud en die oudste, (my grootouma Catharina Margaretha Maria) van sy ses kinders, amper veertien en die jongste net elf maande oud. Die kennisgewing is geteken deur sy weduwee, Maria Elizabeth Buitendag, op 9 Maart 1903, amper ‘n jaar later.

Oorlog Beeld, Nuusblad oor die stryd tussen Boer en Brit deur Jackie Grobler word noukeurig deurgelees vir enige leidraad wat dalk meer inligting kon gee oor die veldslag waarin grootoupa Buitendag gesneuwel het en die naaste datum is 11 April 1902 toe ‘n geveg by Roodewal, suidwes van Lichtenburg plaasgevind het. Volgens gegewens het 43 man hier gesneuwel en ‘n verdere vyftig is gewond. Ons neem aan dat hy gewond was en eers die volgende dag oorlede is.

Die oupagrootjie het ongeveer ses weke voor die einde van die oorlog gesneuwel en nie net een week soos oorvertel is nie.

Oom Bertie sterf op 21 Oktober 2017 – toevallig lees ek die berig van sy dood op SAGen nog voordat die boodskap van die familie ontvang is…..

Einde Januarie 2018 besluit ek om vir oulaas die SANDF te skakel en praat uiteindelik met die einste persoon waarmee oom Bertie gesels het en ontdek die rede waarom grootoupa Buitendag se rekords nie opgespoor kon word nie. 

Die aansoekdokument is volgens grootouma Buitendag se Doopseël ingevul en daarvolgens was haar pa Frederik Coenraad Willem Buitendag - die twee middelste name omgeruil.

Met die nuwe inligting vanaf sy Sterfkennis word die rekords vinnig nagegaan en bevestig mnr Prinsloo dat die *ABO en *DTD medaljes aan sy weduwee oorhandig is in 1922 – toevallig die jaar waarin my oorlede pa gebore is.  Hy noem ook dat oupagrootjie Buitendag op 11 April gesneuwel het en nie 12 April per die Sterfkennis nie – wel in die laaste veldslag van die oorlog en hy was ‘n Assistent Veldkornet.

Grootouma Buitendah is weer getroud en haar van aangegee as Lizamore, volgens haar Sterfkennis is dit korrek, moet egter nog die besonderhede van die huwelik opspoor...

Die medaljes is uitgereik maar in oumagrootjie Buitendag se testament word geen melding daarvan gemaak nie en daar is geen aanduiding in wie se besit die medaljes kan wees nie...

Mnr Prinsloo beveel toe aan dat Google geraadpleeg word aangesien medaljes van tyd tot tyd verhandel word.

Inderdaad is daar 'n rekord van die medalje: Volgens Google is sy ABO medalje op 1 September 2017 te koop aangebied deur City Coins. Hulle bevestig dat die medalje wel verkoop is en mag nie die koper se identiteit openbaar nie maar onderneem wel om die koper te vra om my te kontak.
Twee dae later skakel die koper, ‘n handelaar in medaljes, vanaf Johannesburg. Die medalje was op veiling op 7 Februarie 2018 maar is nie verkoop nie. Hy epos foto’s van die medalje asook die dokument wat aandui aan watter gevegte oupagrootjie Buitendag deelgeneem het o.a. Tweeriviere (ook genoem Scholtznek), Magersfontein en Koedoesrand.

Geen besonderhede is beskikbaar oor in wie se besit die medalje was nie en ook nie waar die DTD is nie. Die soektog gaan voort en enige bietjie inligting sal waardeer word om die storie volledig te kan nalaat vir die nasate.
Petro Meyer
Jeffreysbaai
* ABO
The Medalje voor de Anglo-Boere Oorlog, originally officially designated De Zuidafrikaanse Republiek- en Oranje Vrijstaat Oorlogsmedalje (the South African Republic and Orange Free State War Medal) and commonly referred to as the Anglo-Boere-Oorlog Medalje, was instituted in terms of Government Notice no. 2307 dated 21 December 1920, and published in the Union of South Africa Government Gazette of 24 December 1920. It was a retrospective campaign medal for Boer veteran officers and men, who served in the combat forces of the South African Republic and the Orange Free State during the Second Boer War between 11 October 1899 and 31 May 1902 and who remained in service of the Republican forces until 31 May 1902, without surrendering or taking either parole or the oath of allegiance prior to 31 May 1902.
Google
* DTD
The Dekoratie voor Trouwe Dienst (Decoration for Devoted Service), post-nominal letters DTD, was instituted in terms of Government Notice no. 2307 dated 21 December 1920 and published in the Union of South Africa Government Gazette of 24 December 1920. It was a retrospective award for distinguished and especially meritorious service by Boer veteran officers during the Second Boer War between 11 October 1899 and 31 May 1902.
Google