'n Vrywillige, informele groep wat maandeliks vergader om die uitruil van kennis en vaardighede oor navorsing van voorsate aan te moedig. We speak English and Afrikaans. Lidmaatskap is gratis.
Byeenkomste
23 Julie 2015
HAAIAANVAL IN JEFFREYSBAAI MAAK OPSLAE
Die eerste haaiaanval tydens 'n beroepsbranderry-kompetisie het hier in Jeffreysbaai plaasgevind tydens die eindrondte van die Jeffreysbaai Ope maar gelukkig het die Australiƫr, Mick Fanning, ongedeerd daarvan afgekom.
04 Julie 2015
GENEALOGIE EN MUSEUMDAG 2015
Die doelstelling van die dag is om bewusmaking by die algemene publiek te bevorder vir genealogie asook vir die Humansdorp Museum om sodoende nie net familiegeskiedenis vir die nageslag te bewaar nie maar ook belagstelling te kweek vir die bewaring van oudhede vir die nageslag.
Die uitstalling van eGGSA (virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika) is gedoen deur Carol en Ludwic Beneke en hierdie jaar ook bygestaan deur hul dogter Michelle terwyl die Museum deur Carel Ferreira verteenwoordig is.
Teken in op:
Plasings (Atom)