25 Januarie 2016

Navorsing Beginpunt

Anrie Hoogendoorn het na aanleiding van 'n navraag oor waar om met genealogie navorsing te begin, die volgende antwoord op SAGen gegee en plaas dit (met haar toestemming). Dit kan beslis ook nuttig deur ander voornemende navorsers gebruik word.
   
Om te begin, vergelyk inligting in die volgende vier bronne:




1. Geslagsregisters van Ou Kaapse Families.
Daar is 'n hersiene weergawe wat uit 1966 dateer, maar gebruik die gratis een wat al meer as 'n honderd jaar oud is. Hierdie oues is gratis verkrygbaar by http://www.eggsa.org/links_e.htm (daar is ook baie ander nuttige skakels). Hulle is egter vol foute en dien slegs as beginpunt.




2. Bydraes tot die Genealogie van Ou Afrikaanse Families (J. Hoge, 1658)-
Plaaslike biblioteek kan dalk een bestel. Hierdie is 'n goeie bron, want Hoge maak verwysings na die dokumente wat hy gebruik het.






3. The First Fifty Years Project, deur Delia Robertson.
http://www.e-family.co.za/ffy/




4. www.stamouers.com
Sommige inskrywings is breedvoeriger as ander en sommige kom glad nie voor nie.





Hierdie behoort jou die basiese te gee.


As jy dan dieper wil induik, skuif jy oor na die volgende vier bronne:




5. Familysearch.org

Hierdie webwerf bevat digitale kopieë van baie oorspronklik trou- en doopinskrywings.



6. www.eggsa.org/sarecords



Hierdie webwerf het transkripsies van doop- en trouregisters, maar ook monsterrolle (amper soos sensusopnames) en sommer nog baie meer vir 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.




5. Die Tanap-databasis:
http://www.tanap.net/content/activities/documents/index.htm



Die Resolusies van die Politieke Raad en Boedelinventarisse van die Weeskamer is waar mens dan bietjie "agter die skerms" begin kyk. By beide kan mens 'n "free search" doen wat baie goed werk - solank jy al die alternatiewe spellings vir 'n van ingedagte hou (dink byvoorbeeld aan "Spannenberg" of "Spangenburg", ens.) en bereid is om die argaïese Nederlands te ontsyfer.




6. NAAIRS


http://www.national.archives.gov.za/naairs_content.htm -> Search -> RSA




Hier kan jy sien watse dokumente in die verskeie argiewe in die land is en waarvan jy dan óf kopieë kan bestel óf navorsers huur om dit te fotografeer. Die Kaapse argiewe laat jou byvoorbeeld toe om kopieë te bestel, maar jy sal 'n navorser moet huur vir die Nasionale/Transvaalse een (en oppas, sommiges doen baie slegte werk!).




Daar is nog baie ander moontlik bronne wat jy ook kan gebruik. J. Hoge het ook 'n boek geskryf oor die Duitse stamvaders (Personalia of the Germans of the Cape), maar ek het self nog nie een in die hande kon kry nie (moontlik kan jou plaaslike biblioteek dit bestel.).