24 Junie 2018

Navorsing in Port Elizabeth

Op Saterdag 23 Junie het 'n paar lede van Jbay se Geselsgroep die GGSA Oos-Kaap se genealogiese biblioteek besoek om navorsing te doen.


Vooraf is 'n lys, van boeke beskikbaar, na lede gestuur om dit makliker te maak om voorbereiding te doen om die maksimum voordeel uit die oggend te kon kry.


'n Hele paar verlore voorsate is opgespoor maar die ontdekkings het in sekere gevalle gelei tot nuwe inligting met nuwe vrae en uitdagings.


Ken Garvie het gehelp om inligting te deel en die nodige boeke aan te beveel en ook help soektogte doen op die internet. Eleanor het die besoekers bederf met eet en drinkgoed en 'n heerlike lasagne vir middagete.


'n Baie suksesvolle oggend vir almal wat daaraan deelgeneem het en die biblioteek sal beslis weer besoek word. Groot waardering vir Ken en Eleanor).
Rob & Maureen saam met Ken (voor links)



Hendrik van Niekerk


 
Ida van Tonder

Corrie Ellis


Eleanor, Ken & Mourits (agter)
Peter en Hendrik (voor)


Mourits Pretorius