In die kusdorpie waar ek woon het ons ‘n groepie wat maandeliks vergader om rondom genealogie te gesels. Nou is daar nie veel i.v.m. genealogie as sodanig waaroor gedagtes uitgeruil kan word nie en ‘n mens raak in elk geval gou verveeld om na ander se stories oor hulle herkoms te luister. Gevolglik word daar meesal gepraat oor aanverwante onderwerpe, historiese interessanthede en veral oor die ou dae.
'n Vrywillige, informele groep wat maandeliks vergader om die uitruil van kennis en vaardighede oor navorsing van voorsate aan te moedig. We speak English and Afrikaans. Lidmaatskap is gratis.
Byeenkomste
Wys tans plasings met die etiket Diek Van Wyk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Diek Van Wyk. Wys alle plasings
06 Januarie 2015
27 Augustus 2014
DIE SAMESTELLING, BIND EN DRUK VAN ‘N FAMILIEREGISTER
Jason van die The Office 4 U se praatjie was propvol inligting. Vergeef my dus as ek nie behoorlik reg daaraan laat geskied in hierdie beknopte samevatting nie.
As jy jou familiegeskiedenis in ʼn beperkte oplaag van, sê, 5 tot 20 of meer kopieë wil laat druk, is dit die moeite werd om dit op papier van goeie gehalte te laat druk. Gewone papier vir alledaagse gebruik sal nie laat reg geskied aan die kwaliteit van jou boek nie veral as daar heelwat foto’s in is. Jason beveel 100 gr coated papier aan. Dit kos ʼn bietjie meer, maar is die ekstra paar rand werd as jy ʼn afgeronde produk wil hê.

28 Mei 2014
GRIEKELAND - INDRUKKE VAN OU KORINTE
Gedurende 2001 was ek so gelukkig om 'n vinnige draai in Griekeland te maak en onder andere 'n uurtjie in Korinte deur te bring.
Die terrein waarop Antieke Korinte geleë was, was so vroeg as 1000 vC reeds bewoon. Die stad het sedert die 8ste eeu vC begin ontwikkel en het na 657 vC 'n eerste hoogbloei onder Periandros belewe. Dit is in 146 vC deur die Romeine verwoes en eers weer in 44 nC herbou tot die Bybelse Korinte wat Paulus in 51/52 nC besoek het.

26 Maart 2014
BYBELVERTALING
Die Ou Afrikaanse Bybelvertaling (OAV) het in 1933 verskyn. In 1983 het daar ‘n nuwe vertaling (NAV) verskyn en tans, 31 jaar later, is daar ‘n derde vertaling in voorbereiding. Dan is daar ook nog Die Lewende Bybel (DLB). Die vraag is dus: Waarom telkens weer vertaal? Die antwoord is dat opvattings en teorieë oor vertaling voortdurend verander, dat kennis van die grondtale van die Bybel steeds toeneem, en dat voortgaande argeologiese ontdekkings soos die Dooiseerolle (1945) en die Nag Hammadi-tekste (1947) steeds tot ons kennis van die Bybelteks bydra. Bybelvertalers word dus telkens gekonfronteer met die vrae: Wat moet ons vertaal? en: Hoe moet ons vertaal? En dan bly daar nog probleme i.v.m. die oordrag van Bybelspesifieke begrippe. Dié drie probleme word kortliks bekyk
Teken in op:
Plasings (Atom)