Hoffie Williams, 'n inwoner van Jeffreysbaai, maak gebruik van 'n miniatuur ossewa om, aan veral jongmense, te verduidelik hoe die Voortrekkers die waens gebruik het veral gedurende die Groot Trek in die 1830's en 1840's.
'n Groot verskeidenheid gesegdes het hul oorsprong te wyte aan die Ossewa en Hoffie het 'n lysie gemaak van die bekendste daarvan en ook die betekenis daarvan gegee - word aangegee in hakies.
 |
| Foto verkry uit Humansdorp se Museumversameling |
- Hy
klap die sweep. (Hy is in beheer).
- Hy
sal die wa deur die drif kan trek. (Hy sal die probleem kan
oplos).
- Dis
tyd om weer onder die juk te kom. (Dit is tyd om weer te begin
werk).
- Hy
is op die afdraand met die briek los. (Hy is in die
moeilikheid).
- Hy
kry dit hot-agter. (Hy is onder druk, die drywer met die sweep het
by die hotagter os geloop).
- Agter-os
kom ook in die kraal. ( Die twee agterosse moes alleen die wa in die
waenhuis kry aan die einde van die dag, en is die laastes wat
uitgespan is).
- Hy
is ‘n klein jukskei, met ‘n groot kop. (Hy kan oral gebruik
word).
- Hy
is ‘n skei-breker. (Hy is ‘n moeilikheid-maker).
- Hy
het tou opgegooi. (Hy sien nie meer kans vir die werk
nie).
- Hy
het oor die tou getrap. (Hy het die reëls
verbreek).
- Die
tou laat slaplê. (Nie jou kant bring nie).
- Hy
sny breë rieme uit ‘n ander man se vel. (Jy is nie so spaarsamig
met iemand anders se goed nie).
- Hy
ploeg met ‘n ander man se kallers. (Hy gee voor ‘n ander een se
idees is sy eie).
- Die
hand aan die ploeg slaan. (Begin werk).
- Hy
span jongosse in. (Hy word naar en gooi op).
- As
jy meneer en ek meneer, wie sal dan die wa moet smeer. ( Iemand wat
te belangrik is om nederige werk te doen).
- Hy
is ‘n remskoen. (Hy hou die werk op).
- Hy
is ‘n lunsriem, of ‘n teer-tou. (Hy is ‘n vuil
vent).
- Hy
het die strop om die nek. (Hy is getroud).
- Hy
trek nou-strop of bo-kerf. (Hy kry swaar).
- Hy
is ‘n vyfde wiel aan die wa. (Hy is nie daar nodig
nie).