28 Januarie 2016

Oesterbaai


Uittreksel uit die webwerf www.oesterbaai.info

'n Onlangse soektog oor inligting van plekke om te besoek tydens  'n reis na Kaapstad het  interessante ontdekkings opgelewer  in die vorm van 'n webjoernaal oor Joubertina en Oesterbaai wat geskep is deur  Mias Strydom.

Probeer gerus die onderstaande skakels en lees oor die geskiedenis van Oesterbaai en kom meer te wete oor Joubertina - daar is selfs 'n kaart van die dorpie en pragtige foto's van die dorp en omgewing.








25 Januarie 2016

Navorsing Beginpunt

Anrie Hoogendoorn het na aanleiding van 'n navraag oor waar om met genealogie navorsing te begin, die volgende antwoord op SAGen gegee en plaas dit (met haar toestemming). Dit kan beslis ook nuttig deur ander voornemende navorsers gebruik word.
 

02 Januarie 2016

Mode ontwikkeling oor dekades en die identifikasie van Historiese kleredrag in sketse en foto’s

‘n Unieke geleentheid om meer van jou familie se erfstukke te wete te kom vind op Maandag 11 Januarie 2016 by die Humansdorp Museum plaas wanneer Annemarie Carelsen, kurator van die Ditsong Nasionale Kultuur Historiese Museums vanaf 1984, ‘n besoek bring aan die plaaslike museum met die doel om navorsing te doen oor klerasie en tekstiele wat hier uitgestal en gestoor word.

Kleredrag ongeveer 1945
Annemarie sal tydens die besoek aan Humansdorp Museum tussen 10:00 tot 12:00 beskikbaar wees om meer inligting te gee oor antieke voorwerpe en foto's. Belangstellendes kan klerasie, ou artikels of foto's saambring en sy sal dan meer inligting daaroor verskaf asook geraamde datums gee.

Die besoek vorm deel van ‘n navorsingstoer deur die Oos-Kaap, waartydens ‘n aantal museums besoek gaan word op soek na unieke tekstiele artikels en sluit o.a. die Drosdy Museum in Uitenhage, die Port Elizabeth Bayworld versameling en Oos Londen versameling ook in.

Annemarie is kundig in die identifisering van historiese kleredrag in foto’s en sketse. Sy het ‘n Meestersgraad in Geskiedenis oor interieur van historiese huismuseums en het uitgebreide kennis van die datering en klassifisering van ou tekstiel, hout- en metaalvoorwerpe.

Sy is verantwoordelik vir die historiese meubilering en versiering van die volgende museums (wat strek vanaf 1830 tot 1970): die Krugerhuis, Pionier Museum, Sammy Marks Museum en die Willem Prinsloo Landbou Museum.

Sedert 1985 het sy persoonlik, asook soms saam met ‘n span, verskeie uitstallings behartig oor ‘n
verskeidenheid onderwerpe asook konsultasiewerk gedoen by ander museums en gehelp met die datering en bewaring van antieke voorwerpe.

Annemarie was medeskrywer van die boek: “Voortrekker kleredrag 1835-40” en “Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1898 -1902” met ‘n verskeidenheid interessante foto’s oor kleredrag van die tydperke.

Annemarie Carelsen
(Foto: Internet)
Belangstellendes kan Maandag 11 Januarie om 9:30 vir 10:00 by Humansdorp Museum, Bureaustraat 17, besoek bring en foto’s of antieke artikels saambring. Toegang is slegs R10 per persoon en R5 vir kinders. Vir navrae skakel Carel Ferreira by die museum 042 295 2503 tussen 10:00 en 15:00 weeksdae.

05 Desember 2015

WHAT IS A GENEALOGIST

A full-time detective
A thorough historian
An inveterate snoop
A confirmed diplomat
A keen observer
A hardened sceptic
An apt biographer
A qualified linguist
A part-time lawyer
A studious sociologist
An accurate reporter
And hieroglyphics expert,
AND...
A complete nut !
Oorsprong onbekend./ Origin unknown

28 November 2015

Hoeveel voorouers het jy?

 
Verskaf deur Japie Bosch - Jeffreysbaai

ONS SOEK GRAFTE

Ons soek dooies

gebêre in grafte

En die lewendes

gestol in skagte



Derduisende en duisende

uit ons lendene

word streng genoteer

en weer geroteer



De Villiers se notasie

duld geen spasie

onleesbaar en onverteerbaar

word dit gebaar.



Maar ons soek

skryf 'n boek

'n duk boek

sien ons soek?



Almal oe en a

en gryp na

'n bottel wyn

vir die genealogiese pyn.



GESKRYF DEUR NEELS COERTSE

26 November 2015

Fiksheidsprogram

Hierdie kreatiewe gebruik van Afrikaanse idiome is onlangs in Die Burger gepubliseer en die skrywer daarvan, Hoffie Williams van Jeffreysbaai het dit goedgunstiglik ook beskikbaar gestel vir plasing op hierdie webjoernaal.

21 November 2015

Die Kaapse Koper Maatskappy Medalje vir die Verdediging van O'okiep

Voorkant

King’s Suid Afrika Medalje

Medalje Voorkant en Agterkant

Toegeken deur die Verenigde Koninkryk
Tipe:  Kampanje Medalje
Geldigheid Troepe wat in Suid Afrika diens gedoen het op of na 1 Januarie 1902, en 18 maande diens voltooi het voor 1 Junie 1902
Toegeken Vir Dienste gelewer
Kampanje







14 November 2015

FAMILIE NAVORSING IS NIE VIR SISSIES NIE


Sterk wees moet jy wees

of dikvellig wees

of jy moet 'n wees wees

sonder familie lewend

verkieslik dood

dooies praat hulle eie praat

lewendes wil nie praat

of praat te veel

of leef te lank

hoor dan ander lewende
Adv Neels Coertse
geraamtes in kaste

ou dooie koeie en ou dooie bulle

kom op uit hulle slote

en op uit die gate in die grond

en die lewende is

moordadig kwaad en wil gewere

messe of bomme uitpluk

om die geskiedenis reg te ruk.



GESKRYF DEUR NEELS COERTSE