Kollig op:
"The Rooties of Rietfontein"
The Ancestors and Decendants of Stefanus Jacobs "Boy" Rootman"
Van nou af skyn die "Kollig" elke kwartaal op 'n boek of artikel wat deur een van die lede van die geselsgroep uitgegee is en hierdie is die heel eerste boek in die kollig.
'n Vrywillige, informele groep wat maandeliks vergader om die uitruil van kennis en vaardighede oor navorsing van voorsate aan te moedig. We speak English and Afrikaans. Lidmaatskap is gratis.
Byeenkomste
22 Januarie 2015
07 Januarie 2015
AFSKEIDSFUNKSIE
'n Gesellige afsluitingsfunksie is gedurende November by De Viswijf Seefront Restaurant gehou vir
lede van die geselsgroep. 'n Feestelike atmosfeer is geskep deur versiering van die lokaal en tafels deur Trudie en Tinus Marais.
![]() |
| Jan de Bruyn, Isabel Potgieter, Godfried Potgieter, Meeding Ferreira, Barendine Ferreira, Alice de Bruyn. |
06 Januarie 2015
HERINNERINGE EN BELEWENISSE
In die kusdorpie waar ek woon het ons ‘n groepie wat maandeliks vergader om rondom genealogie te gesels. Nou is daar nie veel i.v.m. genealogie as sodanig waaroor gedagtes uitgeruil kan word nie en ‘n mens raak in elk geval gou verveeld om na ander se stories oor hulle herkoms te luister. Gevolglik word daar meesal gepraat oor aanverwante onderwerpe, historiese interessanthede en veral oor die ou dae.
24 September 2014
KORT OPSOMMING VAN GENL JAN HENDRIK OLIVIER SE LEWE
Ek glo Generaal Jan Hendrik verdien 'n bladsy van sy eie! Ek het 'n klompie baie interessante foto's van Okkie de Jager (Genl Olivier is sy oupagrootjie) ontvang asook baie interessanthede in sy e-posse aan my. Ek plaas die e-posse asook die interessante foto's asook foto's wat ek alreeds gehad het op hierdie bladsy. Ek het ook baie interessante aantekeninge van generaal Olivier van sy kleindogter, Maria Oosthuyzen, ontvang wat ek ook al gedeeltelik geplaas het. Die aantekeninge het hy gehou in die Diyatalawa kamp op Ceylon.
GENEALOGIE EN SCRAPBOOKING, DIE PERFEKTE PAARTJIE
Scrapbooking vertel ‘n storie. Genealogie vors details oor jou familie geskiedenis na, jou familie se
verhaal. Ek kan nie aan ‘n meer natuurlike konneksie dink as scrapbooking en genealogie nie.
verhaal. Ek kan nie aan ‘n meer natuurlike konneksie dink as scrapbooking en genealogie nie.
27 Augustus 2014
MAAK JOU EIE LEGACY-HANDLEIDING
Die meeste van ons lede gebruik die genealogiese program Legacy om genealogiese data te berg, te orden en te verwerk. Dit is ʼn besonder kragtige program, baie kragtiger as waarvoor die meeste van ons hom gebruik. Ek vermoed die meeste, of dan minstens sommige, van ons lede ly aan dieselfde kwaal as ek: hulle wil sou gou as moontlik met ʼn rekenaarprogram aan die gang kom en is te ongeduldig om die instruksies behoorlik te bestudeer. Die gevolg is dat baie van ons, of dan sommige van ons (of miskien net ek) die programme nooit behoorlik ontgin nie en gefrustreerd raak wanneer ons vasbrand of probleme optel, doodgewoon omdat ons nie bewus is van die volle potensiaal van die programme nie.
DIE AARD EN OMVANG VAN `N GENEALOGIESE ONDERSOEK SOOS EK DIT SIEN
Piet Butler het vir ons die een en ander neergeskryf oor sy genealogiese navorsing. Daar is nou al soveel deur lede oor hulle ervarings en invalshoeke geskryf dat hy besluit het om met ʼn nuwe aanslag te kom: die verband tussen familiegeskiedenis en historiese gebeurtenisse. En in dié verband die assimilasie van Engelse en Afrikaanse families. Laat mens dink, nè.
Vir die beginner genealoog/navorser kan die opstel en ondersoek na `n familiestamboom bepaalde vrae na vore bring. Uiteraard staan die studie en ondersoek na familiebande se oorsprong in direkte verband met `n bepaalde periode in die Suid Afrikaanse geskiedenis. Genealogie is dus kleiner afdelings en/of inligtingsbronne binne die groter historiese konteks.

DIE SAMESTELLING, BIND EN DRUK VAN ‘N FAMILIEREGISTER
Jason van die The Office 4 U se praatjie was propvol inligting. Vergeef my dus as ek nie behoorlik reg daaraan laat geskied in hierdie beknopte samevatting nie.
As jy jou familiegeskiedenis in ʼn beperkte oplaag van, sê, 5 tot 20 of meer kopieë wil laat druk, is dit die moeite werd om dit op papier van goeie gehalte te laat druk. Gewone papier vir alledaagse gebruik sal nie laat reg geskied aan die kwaliteit van jou boek nie veral as daar heelwat foto’s in is. Jason beveel 100 gr coated papier aan. Dit kos ʼn bietjie meer, maar is die ekstra paar rand werd as jy ʼn afgeronde produk wil hê.

30 Julie 2014
DIE VERHAAL VAN SAL SE "TANTE JU"
‘N TWEEDE ASEM VIR ‘N OUE DAME. DIE VERHAAL VAN SAL SE “TANTE JU”
Geskryf deur Johann Prozesky.
Op 1 Februarie 2014 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (of SAA soos dit deesdae genoem word) 80 jaar oud geword. In die geselskap van o.a. KLM (1920) en Finnair (1923), is dit een van die oudste lugrederye in die wêreld wat van meet af dieselfde naam dra.

28 Mei 2014
GRIEKELAND - INDRUKKE VAN OU KORINTE
Gedurende 2001 was ek so gelukkig om 'n vinnige draai in Griekeland te maak en onder andere 'n uurtjie in Korinte deur te bring.
Die terrein waarop Antieke Korinte geleë was, was so vroeg as 1000 vC reeds bewoon. Die stad het sedert die 8ste eeu vC begin ontwikkel en het na 657 vC 'n eerste hoogbloei onder Periandros belewe. Dit is in 146 vC deur die Romeine verwoes en eers weer in 44 nC herbou tot die Bybelse Korinte wat Paulus in 51/52 nC besoek het.

Teken in op:
Plasings (Atom)