27 Maart 2016

TECH TALK - Data Storage

SSDs and the (eventual) end of hard-drives

Hard-Disk-Drives (HDDs) are mechanical devices with spinning platters, not unlike old vinyl
records, but instead of grooves, small magnetic blocks are used to save or load information in the form of 0's and 1's by magnetizing or reading the magnetized polarity on the platter's surface. They also have a 'head', that like a record player, swing to and fro over the platters to read or write information.



This is an amazing piece of robotics but it has it's limits… Although hard-drives come installed in laptops, they are not really intended to be used whilst moving. A small bump can cause the head to bump against the platter, causing irreparable damage. Hard-drives can recover and ignore that 'bad block' but over time the disk will quickly continue to degrade, until eventually one day, your data is lost.

20 Maart 2016

BEWARING VAN GENEALOGIESE REKORDS - BETER BEWUSMAKING



'n Epos ontvang van Trevor Muntingh, lid van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, lei tot 'n soektog na 'n boek oor die Ballot-familie in Suid Afrika geskryf deur Prof. F.W.Marx.

12 Maart 2016

MODE ONTWIKKELING OOR DEKADES EN DIE IDENTIFIKASIE VAN HISTORIESE KLEREDRAG IN SKETSE EN FOTO’S

     Tydens ‘n onlangse besoek aan die Humansdorp Museum het Annemarie Carelsen – kurator van die Ditsong Museums - ‘n insiggewende praatjie gelewer oor die datering van voorwerpe, tekstiele asook sketse en foto’s aan die hand van kleredrag, haarstyle en objekte. Na die praatjie het sy deur die museum se versameling gewerk, klerasie in verskillende tydperke verdeel en die geraamde datum van elke stuk gegee.

Annemarie besig om klere te dateer

04 Maart 2016

Gamtoosrivier Oorstromings van 1916

     Na aanleiding van 'n versoek ontvang van Richard Wolfaard van GGSA, Wes-Gauteng oor die 1916 vloed in die Gamtoosvallei waarin van sy famile omgekom het, is daar in Humansdorp Museum gesoek na enige inligting wat met die vloed verband hou en interessante inligting is dan ook aan hom gestuur. Die soeke in die Museum het egter onverwags gelei tot die ontdekking van inligting van genealogiese belang soos die adres van 'n voorsaat, wat 'n advertensie geplaas het om sy woning te verhuur, die verkiesing van 'n ander voorsaat tot die skool se komitee en ook die name van voorsate gepubliseer in die koerant omdat skenkings gedoen is aan die rampfonds gestig na die 1916 vloed.
     Sulke nietige inligting versterk die besef dat die voorsate omgee mense was en maak hulle in 'n sin meer menslik en nie slegs name en datums nie.

04 Februarie 2016

Aardrykskundige Woordeboek - Nederlandse stede en dorpe

Die Aardrijkskundig woordenboek der Nederlanden (1839-1851) is 'n reeks van 14 boeke deur A.J. van der Aa en is digitaal beskikbaar op die volgende plekke:



https://archive.org/search.php?query=Aardrijkskundig%20woordenboek%20der%20Nederlanden


http://www.heuristiek.ugent.be/?q=vmt/aardrijk






Ook nuttig is die Schatkamer der Nederlandsse Oudheden; of Woordenboek, behelsende Nederlands Steden en Dorpen, Kastelen, Sloten en Heeren Huysen, ... (ens.) van Ludolph Smids (1711)


Hierdie boek is beskikbaar by Google Books (gratis) of as individuele "scans" by dbnl.org
Google Books:


http://bit.ly/1RKDhBo


http://www.dbnl.org/titels/titel.php?id=smid001scha01






(Ek gebruik selfs die Google Books-een, weet nie of die een by dbnl.org volledig is nie.)




Ook uiters handig is die Toponymisch Woordenboek van België, Nederland, Luxemburg, Noord-Frankrijk en West-Duitsland, deur Marits Gysseling (1960)



http://bouwstoffen.kantl.be/tw/




Geskryf deur Anrie Hoogendoorn

28 Januarie 2016

Oesterbaai


Uittreksel uit die webwerf www.oesterbaai.info

'n Onlangse soektog oor inligting van plekke om te besoek tydens  'n reis na Kaapstad het  interessante ontdekkings opgelewer  in die vorm van 'n webjoernaal oor Joubertina en Oesterbaai wat geskep is deur  Mias Strydom.

Probeer gerus die onderstaande skakels en lees oor die geskiedenis van Oesterbaai en kom meer te wete oor Joubertina - daar is selfs 'n kaart van die dorpie en pragtige foto's van die dorp en omgewing.








25 Januarie 2016

Navorsing Beginpunt

Anrie Hoogendoorn het na aanleiding van 'n navraag oor waar om met genealogie navorsing te begin, die volgende antwoord op SAGen gegee en plaas dit (met haar toestemming). Dit kan beslis ook nuttig deur ander voornemende navorsers gebruik word.
 

02 Januarie 2016

Mode ontwikkeling oor dekades en die identifikasie van Historiese kleredrag in sketse en foto’s

‘n Unieke geleentheid om meer van jou familie se erfstukke te wete te kom vind op Maandag 11 Januarie 2016 by die Humansdorp Museum plaas wanneer Annemarie Carelsen, kurator van die Ditsong Nasionale Kultuur Historiese Museums vanaf 1984, ‘n besoek bring aan die plaaslike museum met die doel om navorsing te doen oor klerasie en tekstiele wat hier uitgestal en gestoor word.

Kleredrag ongeveer 1945
Annemarie sal tydens die besoek aan Humansdorp Museum tussen 10:00 tot 12:00 beskikbaar wees om meer inligting te gee oor antieke voorwerpe en foto's. Belangstellendes kan klerasie, ou artikels of foto's saambring en sy sal dan meer inligting daaroor verskaf asook geraamde datums gee.

Die besoek vorm deel van ‘n navorsingstoer deur die Oos-Kaap, waartydens ‘n aantal museums besoek gaan word op soek na unieke tekstiele artikels en sluit o.a. die Drosdy Museum in Uitenhage, die Port Elizabeth Bayworld versameling en Oos Londen versameling ook in.

Annemarie is kundig in die identifisering van historiese kleredrag in foto’s en sketse. Sy het ‘n Meestersgraad in Geskiedenis oor interieur van historiese huismuseums en het uitgebreide kennis van die datering en klassifisering van ou tekstiel, hout- en metaalvoorwerpe.

Sy is verantwoordelik vir die historiese meubilering en versiering van die volgende museums (wat strek vanaf 1830 tot 1970): die Krugerhuis, Pionier Museum, Sammy Marks Museum en die Willem Prinsloo Landbou Museum.

Sedert 1985 het sy persoonlik, asook soms saam met ‘n span, verskeie uitstallings behartig oor ‘n
verskeidenheid onderwerpe asook konsultasiewerk gedoen by ander museums en gehelp met die datering en bewaring van antieke voorwerpe.

Annemarie was medeskrywer van die boek: “Voortrekker kleredrag 1835-40” en “Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1898 -1902” met ‘n verskeidenheid interessante foto’s oor kleredrag van die tydperke.

Annemarie Carelsen
(Foto: Internet)
Belangstellendes kan Maandag 11 Januarie om 9:30 vir 10:00 by Humansdorp Museum, Bureaustraat 17, besoek bring en foto’s of antieke artikels saambring. Toegang is slegs R10 per persoon en R5 vir kinders. Vir navrae skakel Carel Ferreira by die museum 042 295 2503 tussen 10:00 en 15:00 weeksdae.

05 Desember 2015

WHAT IS A GENEALOGIST

A full-time detective
A thorough historian
An inveterate snoop
A confirmed diplomat
A keen observer
A hardened sceptic
An apt biographer
A qualified linguist
A part-time lawyer
A studious sociologist
An accurate reporter
And hieroglyphics expert,
AND...
A complete nut !
Oorsprong onbekend./ Origin unknown