Die Aardrijkskundig woordenboek der Nederlanden (1839-1851) is 'n reeks van 14 boeke deur A.J. van der Aa en is digitaal beskikbaar op die volgende plekke:
https://archive.org/search.php?query=Aardrijkskundig%20woordenboek%20der%20Nederlanden
http://www.heuristiek.ugent.be/?q=vmt/aardrijk
Ook nuttig is die Schatkamer der Nederlandsse Oudheden; of Woordenboek, behelsende Nederlands Steden en Dorpen, Kastelen, Sloten en Heeren Huysen, ... (ens.) van Ludolph Smids (1711)
Hierdie boek is beskikbaar by Google Books (gratis) of as individuele "scans" by dbnl.org
Google Books:
http://bit.ly/1RKDhBo
http://www.dbnl.org/titels/titel.php?id=smid001scha01
(Ek gebruik selfs die Google Books-een, weet nie of die een by dbnl.org volledig is nie.)
Ook uiters handig is die Toponymisch Woordenboek van België, Nederland, Luxemburg, Noord-Frankrijk en West-Duitsland, deur Marits Gysseling (1960)
http://bouwstoffen.kantl.be/tw/
Geskryf deur Anrie Hoogendoorn
'n Vrywillige, informele groep wat maandeliks vergader om die uitruil van kennis en vaardighede oor navorsing van voorsate aan te moedig. We speak English and Afrikaans. Lidmaatskap is gratis.
Byeenkomste
04 Februarie 2016
28 Januarie 2016
Oesterbaai
Uittreksel uit die webwerf www.oesterbaai.info
'n Onlangse soektog oor inligting van plekke om te besoek tydens 'n reis na Kaapstad het interessante ontdekkings opgelewer in die vorm van 'n webjoernaal oor Joubertina en Oesterbaai wat geskep is deur Mias Strydom.
Probeer gerus die onderstaande skakels en lees oor die geskiedenis van Oesterbaai en kom meer te wete oor Joubertina - daar is selfs 'n kaart van die dorpie en pragtige foto's van die dorp en omgewing.
25 Januarie 2016
Navorsing Beginpunt
Anrie Hoogendoorn het na aanleiding van 'n navraag oor waar om met genealogie navorsing te begin, die volgende antwoord op SAGen gegee en plaas dit (met haar toestemming). Dit kan beslis ook nuttig deur ander voornemende navorsers gebruik word.
02 Januarie 2016
Mode ontwikkeling oor dekades en die identifikasie van Historiese kleredrag in sketse en foto’s
‘n Unieke geleentheid om meer van jou familie se erfstukke te wete te kom vind op Maandag 11 Januarie 2016 by die Humansdorp Museum plaas wanneer Annemarie Carelsen, kurator van die Ditsong Nasionale Kultuur Historiese Museums vanaf 1984, ‘n besoek bring aan die plaaslike museum met die doel om navorsing te doen oor klerasie en tekstiele wat hier uitgestal en gestoor word.
Annemarie sal tydens die besoek aan Humansdorp Museum tussen 10:00 tot 12:00 beskikbaar wees om meer inligting te gee oor antieke voorwerpe en foto's. Belangstellendes kan klerasie, ou artikels of foto's saambring en sy sal dan meer inligting daaroor verskaf asook geraamde datums gee.
Die besoek vorm deel van ‘n navorsingstoer deur die Oos-Kaap, waartydens ‘n aantal museums besoek gaan word op soek na unieke tekstiele artikels en sluit o.a. die Drosdy Museum in Uitenhage, die Port Elizabeth Bayworld versameling en Oos Londen versameling ook in.
Annemarie is kundig in die identifisering van historiese kleredrag in foto’s en sketse. Sy het ‘n Meestersgraad in Geskiedenis oor interieur van historiese huismuseums en het uitgebreide kennis van die datering en klassifisering van ou tekstiel, hout- en metaalvoorwerpe.
Sy is verantwoordelik vir die historiese meubilering en versiering van die volgende museums (wat strek vanaf 1830 tot 1970): die Krugerhuis, Pionier Museum, Sammy Marks Museum en die Willem Prinsloo Landbou Museum.
Sedert 1985 het sy persoonlik, asook soms saam met ‘n span, verskeie uitstallings behartig oor ‘n
verskeidenheid onderwerpe asook konsultasiewerk gedoen by ander museums en gehelp met die datering en bewaring van antieke voorwerpe.
Annemarie was medeskrywer van die boek: “Voortrekker kleredrag 1835-40” en “Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1898 -1902” met ‘n verskeidenheid interessante foto’s oor kleredrag van die tydperke.
Belangstellendes kan Maandag 11 Januarie om 9:30 vir 10:00 by Humansdorp Museum, Bureaustraat 17, besoek bring en foto’s of antieke artikels saambring. Toegang is slegs R10 per persoon en R5 vir kinders. Vir navrae skakel Carel Ferreira by die museum 042 295 2503 tussen 10:00 en 15:00 weeksdae.
![]() |
| Kleredrag ongeveer 1945 |
Die besoek vorm deel van ‘n navorsingstoer deur die Oos-Kaap, waartydens ‘n aantal museums besoek gaan word op soek na unieke tekstiele artikels en sluit o.a. die Drosdy Museum in Uitenhage, die Port Elizabeth Bayworld versameling en Oos Londen versameling ook in.
Annemarie is kundig in die identifisering van historiese kleredrag in foto’s en sketse. Sy het ‘n Meestersgraad in Geskiedenis oor interieur van historiese huismuseums en het uitgebreide kennis van die datering en klassifisering van ou tekstiel, hout- en metaalvoorwerpe.
Sy is verantwoordelik vir die historiese meubilering en versiering van die volgende museums (wat strek vanaf 1830 tot 1970): die Krugerhuis, Pionier Museum, Sammy Marks Museum en die Willem Prinsloo Landbou Museum.
Sedert 1985 het sy persoonlik, asook soms saam met ‘n span, verskeie uitstallings behartig oor ‘n
verskeidenheid onderwerpe asook konsultasiewerk gedoen by ander museums en gehelp met die datering en bewaring van antieke voorwerpe.
Annemarie was medeskrywer van die boek: “Voortrekker kleredrag 1835-40” en “Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1898 -1902” met ‘n verskeidenheid interessante foto’s oor kleredrag van die tydperke.
![]() |
| Annemarie Carelsen (Foto: Internet) |
05 Desember 2015
WHAT IS A GENEALOGIST
A full-time detective
A thorough historian
An inveterate snoop
A confirmed diplomat
A keen observer
A hardened sceptic
An apt biographer
A qualified linguist
A part-time lawyer
A studious sociologist
An accurate reporter
And hieroglyphics expert,
AND...
A complete nut !
Oorsprong onbekend./ Origin unknown
A thorough historianAn inveterate snoop
A confirmed diplomat
A keen observer
A hardened sceptic
An apt biographer
A qualified linguist
A part-time lawyer
A studious sociologist
An accurate reporter
And hieroglyphics expert,
AND...
A complete nut !
Oorsprong onbekend./ Origin unknown
28 November 2015
ONS SOEK GRAFTE
Ons soek dooies
gebêre in grafte
En die lewendes
gestol in skagte
Derduisende en duisende
uit ons lendene
word streng genoteer
en weer geroteer
De Villiers se notasie
duld geen spasie
onleesbaar en onverteerbaar
word dit gebaar.
Maar ons soek
skryf 'n boek
'n duk boek
sien ons soek?
Almal oe en a
en gryp na
'n bottel wyn
vir die genealogiese pyn.
GESKRYF DEUR NEELS COERTSE
gebêre in grafte
En die lewendes
gestol in skagte
Derduisende en duisende
uit ons lendene
word streng genoteer
en weer geroteer
De Villiers se notasie
duld geen spasie
onleesbaar en onverteerbaar
word dit gebaar.
Maar ons soek
skryf 'n boek'n duk boek
sien ons soek?
Almal oe en a
en gryp na
'n bottel wyn
vir die genealogiese pyn.
GESKRYF DEUR NEELS COERTSE
26 November 2015
Fiksheidsprogram
Hierdie kreatiewe gebruik van Afrikaanse idiome is onlangs in Die Burger gepubliseer en die skrywer daarvan, Hoffie Williams van Jeffreysbaai het dit goedgunstiglik ook beskikbaar gestel vir plasing op hierdie webjoernaal.
21 November 2015
King’s Suid Afrika Medalje
Teken in op:
Plasings (Atom)





